kategorieë: FiksheidGesondheid

Oefen só in die winter as jy bibber

Dit gebeur elke winter. Jy beloof jouself plegtig dat jy dit hierdie keer anders gaan doen. Gesond eet, geen koekies en lekkers vir koffietyd, oefen elke  dag. Maar soos klokslag staan jy September voor die spieël en wonder wie stilletjies jou bikini met Barbie s’n omgeruil het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen?

Die geheim is om aktief te bly en nie tussenin te eet nie. Koue, nat weer verg aansienlik meer toewyding om oefening vol te hou. Tog sal topatlete in ysige lande jou vertel dis bloot ’n geval van die verkeerde klere dra. Maar wie het gesê jy kan net buite oefen? As die weer jou pootjie, is ’n trapmeul of oefenfiets ’n baie goeie opsie. Te vervelig vir jou? Hier is ’n paar idees om dit interessant te maak en die tyd tjoef-tjaf om te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oefen by die huis

As jy ’n trapmeul of oefenfiets het wat agter in die motorhuis stof versamel, haal dit uit en volg ons instruksies vir oefeninge in die gim. As jy nie toerusting by die huis het nie, koop ’n springtou. Dit kos bitter min en werk uitstekend. Tien minute se springtouspring is gelykstaande aan ’n halfuur se hardloop. Speel vrolike musiek en kyk of jy aanvanklik net 30 sekondes kan spring en dan 30 sekondes rus. Herhaal tien keer. Vermeerder die springgedeeltes en mik om uiteindelik tien minute aaneen te spring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oefen in die gim

As jy by ’n gimnasium aangesluit is, is dit nou dit tyd om daai lidmaatskapkaartjie af te stof. Gebruik die trapmeul of oefenfiets om fiks te word.

  • Laai die eerste minuut van jou 20 gunstelingliedjies op jou iPod met tien minute se musiek voor en na die tyd. Gebruik die eerste 10 minute om op te warm en die laaste 10 om te herstel. Vir die middelste gedeelte hardloop jy ’n fartlek-sessie waar jy vinnig hardloop vir ’n minuut as ’n nuwe liedjie begin en dan weer herstel vir ’n minuut. So luister jy na al jou gunstelingmusiek en kry jy ’n goeie oefensessie.
  • Speel roulette op jou iPod: Laai so 10 tot 12 liedjies op jou iPod wat net twee tot drie minute lank is. Die helfte moet stadige tempo en die ander helfte vinnig wees. Sit jou iPod op “shuffle” en hardloop teen ’n vinnige pas vir die vinnige liedjies en dan weer gewone pas vir die stadiges. Dit mag natuulik gebeur dat jy twee vinniges na mekaar kry, so moenie te vinnig begin nie!

Musiek wat jou sal motiveer

redfacedrunners.com/2012/08/running-playlists/

“12 Best Running Songs” | itunes.apple.com/us/album/sparkpeople-best-running-songs/

#rrwenk

Maak seker dat jy net een oorfoon dra as jy buite die gim hardloop om te verseker dat jy verkeer en gevare kan hoor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.