kategorieë: Dra dit soMode

Tweelingstyl: wie dra dit beter?

Verpersoonlik jou styl met bykomstighede

Dit is wonderlik hoe bykomstighede verskillende style met dieselfde uitrusting kan skep. Die kans dat die ander persoon dieselfde bykomstighede óók sal dra, is gelukkig 0%. Kies jou bykomstighede slim sodat jou uitrusting anders, maar steeds stylvol vertoon. Dra ’n statige nekstuk saam met oopskouers of kies bonkige oorbelle wat op jou skouers hang om jou nek verslankend te laat vertoon. ’n Unieke palm- of handsakkie is ook altyd ’n staatmaker. Waag dit met helder kleure saam met ’n klassieke uitrusting of as jou uitrusting reeds kleurvol is, eksperimenteer met verskillende teksture soos borduurwerk, fluweel of diamante om jou palmsakkie te versier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nuttige baadjie

Die regte baadjie kan jou uitrusting nuwe lewe gee, maar ’n fyn serpie is dikwels ’n goeie keuse wat jy net oor jou skouers kan drapeer en met ’n borsspeld vassteek. Met ’n baadjie moet jy egter versigtig wees dat jy nie jou uitrusting wegsteek of breek nie. Maak seker die baadjie wat jy kies vorm deel van jou voorkoms as geheel – verseker dat ’n gemeenskaplike kleur tussen jou items voorkom; of let op wanneer jy ’n rok met ’n vernoude middel dra– dan moet jou baadjie ’n effens korter snit hê om steeds jou silhoeët vleiend te hou. As jy op die klassieke kantoorbaadjie besluit, los die knope oop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wees selfversekerd

Hoewel die tweelingstyl iets is wat jy liefs wil vermy, is daar geen skaamte daarin om met dieselfde uitrusting as iemand anders op te daag nie. Wat belangrik is, is dat dit jou nie onderkry nie. Selfvertroue is die beste afronding tot enige uitrusting. Dit is dus belangrik dat jy gemaklik voel in wat jy dra – jyself is immers die fokuspunt van jou voorkoms en soos die Engelse spreekwoord lui: “Don’t let the dress wear you.” ’n Uitrusting lyk onmiddellik beter aan iemand wat haar skouers en ken regop hou en haar uitrusting aan die mense om haar vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het so ’n geval al oor jou pad gekom? Jy is nie die enigste een nie, dit gebeur selfs met bekendes! Kyk hoe hanteer Holywood-sterre so ’n insident.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

6 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.