kategorieë: Nuut & NouKos

Olyf-en-roosmaryn-broodstokkies met geklopte miso-botter

Lewer: 30 broodstokkies
Moeitevlak: Maklik
Bereidingstyd: 15 min. + 30 min. verkilling
Baktyd: 5 min.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 250 g swart olywe, ontpit
  • 4 takkies vars roosmaryn, gewas en blaartjies afgestroop
  • swartpeper na smaak
  • seesout na smaak
  • 280 g skilferkorsdeeg

Geklopte miso-botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • 150 g tuisgemaakte botter (sien bl. 142 van JAN – My Franse Kosverhaal) teen kamertemperatuur
  • 10 ml miso-pasta
  • swartpeper na smaak
  • seesout na smaak

Hierdie heerlike, indrukwekkende broodstokkies is so vinnig om aanmekaar te slaan dat ’n mens dit nie eens werklik ’n resep kan noem nie. Olywe is een van Nice se mees algemene plaaslike produkte; daar is dus ’n groot verskeidenheid beskikbaar. Ons bedien dit graag as versnapering saam met ons broodbord en ’n glas Champagne of Suid-Afrikaanse Méthode Cap Classique. Klein, ontpitte olywe het gewoonlik die mees pikante smaak en is baie lekker saam met die broodstokkies.

Metode

  1. Vir die broodstokkies, meng die olywe, roosmaryn, swartpeper en sout in ’n voedselverwerker tot ’n gladde pasta. Plaas hierdie tapenade in ’n spuitsak met ’n medium-grootte spuitkop.
  2. Rol die skilferkorsdeeg in ’n vierkant uit, vou dit in die helfte en maak dit weer oop (so maak jy ’n merk in die middel).
  3. Spuit tapenade in vertikale lyne op een helfte van die deeg, vanaf die middelmerk na die rand met 3–5 cm tussen elke lyn.
  4. Verf die ander helfte van die deeg met water met behulp van ’n deegkwassie, vou bo-oor die gedeelte met die tapenade en druk liggies op die gedeeltes tussen die tapenade-stroke sodat die deeg vasplak. Gebruik jou vingers om die gedeeltes met die tapenade lekker rond te maak.
  5. Plaas op ’n skinkbord en vries. Berei intussen die miso-botter.
  6. Vir die geklopte miso-botter, plaas die botter en miso-pasta in ’n staanmenger en klop op medium vir 10–15 minute. Skraap die kante van tyd tot tyd tot die botter lig en romerig is. Geur met sout en peper.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die deeg uit die yskas en laat staan vir ’n paar minute om effe sag te word. Sny die randjies af en sny die deel dan vertikaal in dun repies tussen die tapenade-stroke. Plaas op ’n bakplaatjie met bakpapier en plaas in die voorverhitte oond vir 5 minute of tot goudbruin. Sit dadelik voor met die geklopte miso-botter.

Hierdie resep kom uit JAN – My Franse Kosverhaal deur Jan Hendrik van der Westhuizen (Struik Lifestyle). Foto’s © Jan Hendrik van der Westhuizen 2016.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.