kategorieë: Blogs

Om te kan sien

Ek wonder oor psychics. Hulle sien mos lae van die werklikheid wat vir ons gewone sterflinge onsigbaar is, soos dat jou (aantreklike, intelligente, en ongelooflik interessante) sielsmaat agter die sluiers van die toekoms vir jou wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As dit klink of ek spot, het jy my verkeerd verstaan. Ek het respék vir mense wat meer as ek kan sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Neem ‘n ginekoloog, byvoorbeeld. Sy sien wat … wag, hierdie voorbeeld gaan nie werk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Neem ‘n huisarts, byvoorbeeld. Hy sien wat in jou binneoor aangaan. Ek kan seker ook deur daardie oorkyk-apparaat-dingetjie van hom loer, maar ek sal tien teen een g’n snars van die uitsig verstaan nie.

Die volgende vraag is: waar kan ek – en jy – verder en wyer as ander sien?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Party van ons weet met een oogopslag watter muti ‘n olike potplant nodig het. Ander het ‘n detailbeeld van hoe ‘n vertrek met ‘n make-over gaan lyk, nog lank voor die eerste besoek aan Mr Price Home. Sekere siele sien jou van ver af aankom en haal jou oor tot hul standpunt, produk, of kultus voor jy “Maar ek …” kan sê.

Vir my is die lekkerste dié mense wat kan sien in watter stemming jy is en ure lank saam met jou wêreldprobleme uitpluis, op die plek stuitig raak, of sommer net by jou sit totdat ‘n ou wond in trane oplos.

Hulle sien met die hart.

Salig is jy as jy hartsieners in jou nabyheid het. En as ‘n psychic voorspel het dat so iemand op jou pad gaan kom en dit word waar, verwonder jy jou van vooraf aan wié op aarde wát kan sien.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.