kategorieë: Leef gesondGesondheid

Omega-3: die slenters

Omdat ryk bronne van omega-3 duur en skaar is, moet ons almal, as ons kan, omega-aanvullings gebruik. Goedertrou, want almal is geregistreerde voedselaanvullers wat immers gehalte impliseer. En ons sluk een pilletjie, want ons is onder die indruk dat dit ons die regte dosis vir die dag gee. Totdat Kansa ons omega-produkte laat ondersoek het … Hier is die hoofbevindings:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Te min, te veel in elke pil

Meer as die helfte bevat minder omega-3’s per pil as wat op die etiket aangedui word. Agt bevat minder as 80% van die beloofde hoeveelheid. Neptune Krill Oil bevat net 48% van die aangeduide hoeveelheid omega- 3’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Te min ruk jou sak. Maar wat van te veel? Agt het 10% meer as die aangeduide hoeveelheid bevat, en vyf produkte 20%; een het 38% meer bevat.

“Omega-3’s is een van daardie aanvullers waarvan te veel net so nadelig soos te min is,” sê dieetkundige dr. Maretha Opperman, van die Funksionele Voedselnavorsingseenheid van die Kaapse Skiereiland-universiteit van Tegnologie (KSUT).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Te veel onderdruk jou immuunstelsel en rig oksidasieskade in jou liggaam aan. Omega-3’s verdun ook jou bloed, wat positief is, maar nié as jy soveel neem dat jy te maklik bloei, jou neus gereeld bloei en selfs jou risiko op beroerte verhoog nie. Ons is baie versigtig met omegas vir mense op aspirien of Warfarin.

“Daar is nog nie genoeg wetenskaplik verantwoordbare inligting om finale aanbevelings te maak nie. Dus moet mense nie te veel neem nie – wat moeiliker is as jy nie weet hoeveel in jou omega-kapsules is nie.”

Omegas wat nie omegas is nie

Te min, hoë pryse en ou produkte kan ’n mens nog self uitpluis. Maar wat maak jy as jy nié ingelig word dat die produk skadelik is nie, soos die twintig wat etielesters pleks van omega-3’s bevat? Prof. Benadé verduidelik dat die visolie na etielesters omgeskakel word, wat jou liggaam later na omega-3’s terugskakel. Die kapsule bevat dus nié omega-3’s nie, maar eintlik etielesters, wat nie ’n vet of ’n olie is nie, maar nogtans as “fish oil concentrate” bemark word.

“Die logika agter die etielesters is dat dit op ’n goedkoop manier meer omega-3’s in jou liggaam vrystel. Maar dit is nie wat werklik gebeur nie.

“In die eerste plek word vry vetsure en alkohol ook in die omskakeling vrygestel. As jy drank drink, gaan die alkohol eers deur jou maag voor dit by jou lewer en pankreas uitkom. Maar vrystelling uit etielesters gebeur direk in jou spysverteringskanaal, lewer en pankreas, waar dit ernstige skade kan aanrig, soos diere-ondersoeke wys. Jy wil dit veral by kinders en alkoholiste vermy.

“Daarby neem jou liggaam nie maklik omega-3’s op wat uit etielesters vrygestel word nie. Dus: Ondanks die belofte van meer omega-3’s in visolie-konsentraat, kry jy nie naastenby soveel as uit egte, natuurlike visolie nie.”

Asof dit nie genoeg is nie, is daar meer omstredenheid oor etielesters: daar is bevind dat dit geboorteafwykings by rotte veroorsaak. Dus word dit glad nie vir swanger vroue en kinders aanbeveel nie.

Ons nota:
Van die produkte in die Kansa-ondersoek wat as etielesters uitgewys is, is inderdaad spesiaal vir swanger vroue en kinders geformuleer. Los liefs die etielester tipes tot navorsing groter duidelikheid gee.

Die vyfsterprodukte

Kansa het op hul webwerf die volledige lys, met hul ontleding. Ons het dit deurgewerk en kon sewe vis-omegas en een kril-omega identifiseer, wat almal net visolie sonder etielesters bevat, nié geoksideer het nie en die korrekte konsentrasies omega-3’s bevat. Ons rangskik die volpuntprodukte van duur na goedkoop, soos bereken op grond van hoeveel jy moet gebruik om die korrekte daaglikse dosis omega-3’s in te kry:

• Solal Krill Oil (Neptune NKO)
• Annique Forever Healthy Optimega
• Naturelle Cold Water Salmon Oil
• Nativa Turbokidz Smart Omega
• Vitaforce Omega 3
• Georen Optimega 3
• Omega Caro E

… en die grensgevalle

Daar was ’n aantal produkte wat te min of te veel omegas bevat en/of net-net buite die grense vir oksidasie en galsterigheid val en ook vry van etielesters is. Hier is die driesterprodukte:

• Natrodale Neptune Krill Oil
• Phytosyn-3 Krill Omega 3
• Equazen Eye Q Baby
• Teen Guard Brain Fuel Meg-3
• Equazen Eye Q 5 Years to Adult
• Solal Vegetarian Omega 3
• Bioter Brain Child
• Thinkwell Absorbamax
• Bioharmony Ultimate Omega for Bright Sparks
• Vital Salmon Oil
• Organo Omega-3
• Medi+Rite Omega3 EPA + DHA Concentrate

Vrae en antwoorde oor vis

Met twee porsies vis per week is omega-3-pille oorbodig. Die hoeveelheid omegas in ’n blikkie Saldanha Pilchards gee viér mense elkeen 440 mg DHA en 1 020 mg EPA – vier dae  se omegas.

Tel geblikte tuna? Ja, maar vars tuna het tot vyf keer meer omega-3’s as geblikte tuna. En tuna in sonneblomolie? Al gee dit jou dieselfde hoeveelheid omega-3’s, verskaf die sonneblomolie baie omega-6’e, waarvan jy juis te veel inkry.

Waar in die vis is die olie?
Gewone vis, soos stokvis, bevat net visolie in die lewer, kuite en koppe. Maar kouewatervis se vleis is deurspek met omega-olies. Die hoeveelheid verskil van vis tot vis, see tot see en seisoen tot seisoen, maar hier is die supervisse:

• salm (900 – 1 830 mg)
• haring (1 710 mg),
• sardiens (980 – 1 700 mg)
• makriel (340 – 1 570 mg)
• vars tuna (240 – 1 280 mg)
• forel (840 – 980 mg)

Visse wat ’n billike bron is, is:

• tongvis (sole) (420 mg), geblikte tuna in water (260 mg), skelvis (haddock) (200 mg) en kabeljou (240 g).

Kan ons die vissie op die kole gooi?

Omega-3’s gaan nie verlore in die gaarmaakproses nie. Maar as vis in ’n degie in olie gebraai word, absorbeer die deeg die sonneblomolie wat ryk aan omega-6’e is. Op die ou end kry jy weer eens baie meer omega-6’e as omega-3’s in.

JY KAN beter kies wanneer jy omegas koop

• Koop net produkte wat aandui dat dit visolie of omegas in visolie bevat. En los beslis produkte wat as “fish oil concentrate” bemark word.
• Los dié met omega 6. Daar is oorgenoeg in jou kos.
• Koop omegas in donker houers wat lig uithou, want dié olies oksideer.
• Kyk na die vervaldatum en koop hulle, net soos jou vrugte en groente, vars. En twee-vir-die-prys-van-een aanbiedings? Koop net mits jy dit voor die vervaldatum kan opgebruik.
• Ignoreer die prys per houer en kyk eerder hoeveel dit jou per dag gaan kos om by jou dosis uit te kom. As jy self wil uitwerk: die aantal pilletjies per dag moet jou saam 1 g visolie, óf 300 mg EPA + DHA, óf 180 g EPA + 120 g DHA gee.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

8 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.