kategorieë: WenkeMode

Onder R500: Jan Tuisbly se klerekas

Onder R500: Jan Tuisbly se klerekas deur Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die beste deel is dat jy alles aanlyn kan bestel!

Lees ook: 13 dinge wat jy kan doen tydens “social distancing” as gevolg van die Corona-virus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kimonotrui

’n Trui van ligte breistof is perfek vir daardie dae met die tussen-in weer. Dit gooi gemaklik oor en pas by die meeste uitrustings, aangesien jy dit informeel of meer formeel kan aanvul met bykomstighede. Hierdie is ’n gunsteling vir ’n gemaklike tog stylvolle voorkoms en sal  jou nie te bonkig laat voel nie.

Lees ook: Beskerm jouself en ander teen COVID-19

6 rokke wat jy nou moet koop  – en regdeur die jaar sal kan dra!

Woolworths (R399)

Sweetpakbroek

Met die dat die athleisure styl gewild bly, is ’n sweetpakbroek die beste item vir binne en buite die huis. In hierdie geval hoef jy jou nie op te kikker met moderne hakke nie, maar kan jy ewe gemaklik op jou rusbank opvang met jou gunsteling TV-reekse en daarna vinnig ’n draai by die winkels maak. Hou hierdie styl sportief met ’n trui of top wat ’n ooreenstemmende kleurskema het.

Lees ook: Die verskil tussen verkoue, griep en COVID-19

Wat jy moet weet voor jy gaatjies vir oorringe kry

Woolworths (R350.00)

Tekkies

Met ’n gemaklike paar tekkies kan jy enige taak aanpak! Kies ’n klassieke kleur soos wit, beige of bloospienk sodat dit inpas by die meerderheid van jou uitrustings. As jy iemand is wat graag met style eksperimenteer, speel rond met unieke patrone en kleure om aandag te trek. Probeer die res van jou voorkoms dan subtiel te hou. Die belangrikste bly egter: maak altyd seker dat dit gemaklik is.

Lees ook: 10 hekel- en breipatrone om nou te maak

’n Nuwe voorkoms – eksperimenteer met kleur en tekstuur

Truworths (R420) Jan Tuisbly se klerekas

Themp

Wat is gemak sonder jou betroubare T-hemp? Dit is altyd ’n aanwins om een (of twee of drie) staatmaker-T-hemde in jou kas te hê. Jy kan dit onder baadjies, by rompe, onder rokke of selfs as slaapklere dra! Trek jou sweetpakbroek uit, jou jeans aan en siedaar, jy’s reg om die huis te verlaat. ’n Klassieke wit hemp met ’n oulike slagspreuk of grafiese ontwerp gee daaardie unieke gevoel aan jou voorkoms.

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen

5 bra’s wat jou lewe sal verander

Truworths (R270)

Sporttop

Die Jan Tuisbly-tema is nie voltooi sonder ’n lekker bonkige top nie. Die sportstyl is ’n gunsteling, omdat dit inpas by die athleisure voorkoms. Met hierdie styl is daar ook nie iets soos té bonkig nie, omdat dit juis die doel van die top is. Kies ’n grootte wat jou toelaat om ’n toppie of T-hemp daaronder te dra sodat jy dit kan uittrek wanneer die weer warmer raak. As jy nie ’n groot aanhanger is van ’n bonkige styl nie, kan jy die top verruil vir ’n meer modieuse trui.

Lees ook: ’n Nuwe voorkoms – grys en glansryk

Zara (R319) Jan Tuisbly se klerekas

Kry dit hier:

Truworths

Woolworths

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.