kategorieë: Nuut & NouKos

Ons eet nou … sampioene

Sampioensoorte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Enoki Die sprokiesagtige sampioene word in Japanse kookkuns rou in slaaie of as garnering in soppe gebruik.
2 Portobellini Die mooi bruin knoppies gee geur en kleur aan enige bredie.
3 Bruin sjimeji Die Japanse variëteit is beskikbaar in bruin of wit en kan gekook of gebraai word.
4 Bruin sampioen ’n Groter sampioen met ’n fermer, vlesige tekstuur, ideaal vir ’n groenteburger of gevulde sampioene.
5 King oyster Dié soort, fermer en taaier as die res van die sampioen-variëteite, kraai vir seker koning. King oyster kan sy man teen die meeste gaarmaakmetodes staan en is selfs heerlik op sosatiestokkies geryg en gerooster.
6 Sjiitake Die sampioen het ’n kenmerkende geur en is daarom ideaal om in risotto, groente en vleisbredies te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geurpasmaats
Tiemie, salie, spek, botter, sjerrie, balsemiekasyn, nori, brusselse spruite, bokmelkkaas, crème fraîche, knoffel, gruyère, parmesaan, sojasous, rooiwyn, gorgonzola

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fungi
Fungi bekoor die mensdom van vroeg af al. Die Franse was die eerstes wat die “champignon”, soos dit in hul koskultuur bekend staan, kommersieel in perdemis in grotte in en om Parys verbou het. Vandag word fungi van die Ooste tot die Weste as ’n delikatesse beskou. Elke soort het sy eie karakter, geur en tekstuur. Sampioene is ’n veelsydige bestanddeel wat maklik ander geure aanneem en dra.

Koop só
Plomp, ferm en sonder kneusmerkies – dis hoe ’n vars sampioen moet lyk. Vermy sampioene wat tekens van muf, slymerigheid of donker kneusplekke het. Koop goeie sampioene waarvan die onderkant van die koppies nog toe is; hoe ouer die sampioen, hoe duideliker word die spore sigbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bêre só
Haal sampioene uit die plastiekverpakking en bêre in ’n bruinpapiersak wat ekstra vog absorbeer en lug deurlaat. Op dié manier bly hulle tot drie dae vars en plomp in die groentelaai van die yskas.

Maak só
Sampioene wat in ons winkels verkoop word, groei in ’n skoon omgewing. Vryf voor gebruik slegs die stukkies groeimedium wat vasklou, saggies met kombuispapier af. Sampioene word nie gewas nie omdat hul sponsagtige tekstuur water sal absorbeer en hul geur wegspoel.

Gebruik só
Kies die regte gaarmaak-metode vir elke soort sampioen – hoe fyner die sampioen, hoe hoër die hitte en korter die gaarmaaktyd. Voeg sampioene van klein na groot in ’n warm braaipan. Laat genoeg ruimte in die pan sodat hulle mekaar nie verswelg nie – wanneer die sampioene ’n “skwiek”-geluid in die pan maak, braai hulle op hul beste.

Blitsidee
Smelt ’n duim botter en ’n druppel olyfolie in ’n braaipan en gooi ’n hand vol tiemie-blaartjies by. Braai ’n hand vol gemengde, eksotiese sampioene soos king oyster, sjiitake, sjimeji, enoki en porcini tot goud en geur met sout en peper. Sit voor saam met warm ciabatta, bruschetta, volroom-roomkaas en basiliekruid-pesto. ’n Eenvoudige kombinasie propvol geur!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.