kategorieë: TrendsMode

Ons is nou opgewonde oor: Mode en die natuur

Mode en die natuur: Deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: H&M

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spuit jou klere so goed soos nuut

Amper die helfte van die klere wat ons daagliks in die wasmajien gooi, is nie regtig vuil nie. Dit is klere wat gereeld op die stoel beland om weer gedra te word. Dit is egter hierdie daaglikse stryd wat tot die idee van Day 2 gevolg het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié baanbrekerproduk is ontwerp om klere nuwe lewe gee en met ‘n ekstra dradag te verleng. Self nog beter nuus is dat elke bottel help om 60 liter water (‘n volledige waslading) te bespaar. Die spuitbottels word ook deur lug aangedryf, wat beteken dat dit koolstofneutraal is wanneer dit gespuit word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al wat jy moet doen is om die gekose kledingstuk op ‘n plat oppervlak te sit, liggies te spuit, kreukels uit te vee en op te hang. Binne 15 minute sal die kledingstuk weer vars ruik en minder kreukels hê.

Die spesiale denimvariante-spuit beskerm jeanvesels teen slytasie en help om verbleiking te vertraag, terwyl die spuit vir delikate materiale van die opbou van reuke ontslae raak sonder om fyn materiale, breiwerk, versierings en kasjmier te beskadig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die volledige reeks is nou beskikbaar teen R99,99 vir die 200 ml-weergawe en R69,99 vir die 75 ml wat perfek is vir reis. Dit is landwyd beskikbaar by uitgesoekte Woolworths-winkels (asook aanlyn) en by Dis-Chem-winkels.

Lees ook: Waterwys is wêreldwyd ’n groot trend

H&M-ontwerpe bewonder die natuurskoon

H&M het in medewerking met kunstenaar Nathalie Lété ‘n versameling kinderklere vir babas en kleuters bekendgestel. Die items behels ’n groot verskeidenheid style met kleurvolle afdrukke van diere en blomme.

Al haar ontwerpe begin met skilderye in akriel, wat dan digitaal saamgestel word om ‘n verbeeldingryke en prettige verhaal te skep. Vir hierdie H&M-samewerking het Lété ‘n tropiese oerwoud met verkleurmannetjies en tiere in samehang met haar ikoniese voorstelling van blomme met katte, voëls en konyne geskep.

Die versameling is vanaf 26 Augustus 2019 in Suid-Afrikaanse winkels beskikbaar.

Lees ook: Waterwys plante vir jou tuin

Levi Strauss & Co neem hande met waterwyse projek

As deel van Levi Strauss se verbintenis tot minder watergebruik, is hul vennootskap met die Departement van water en sanitasie van die Stad Kaapstad se herwinningsprojek. Hierdie projek behels dat die stad sy behandelde afvalwaternetwerk uit die Athlone-gebied uitbrei en die pypleiding nog 2 km na Epping neem; na die Levi’s®-fabriek. Die stad sal Levi Strauss & Co. van behandelde afvalwater voorsien teen die goedgekeurde tarief, wat hul in staat sal stel om totaal-gehersirkuleerde water in hul denim-produksieproses te gebruik.

Die stad verwelkom Levi Strauss & Co se besluit om van herwonne water gebruik te maak in hul produksieproses in plaas van drinkwater. Hierdie ooreenkoms speel ’n belangrike rol in die opbou van ons waterbesparings in ons land met ’n onbetroubare reënval. Die veilige en gereguleerde gebruik van alternatiewe waterbronne soos hierdie help om die verbruik van ons kosbare hulpbron te beskerm.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.