kategorieë: TrendsMode

Ons is opgewonde oor: Hierdie handelsmerke vir jou kurwes

Ons is opgewonde oor: Hierdie handelsmerke vir jou kurwes deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Falke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ruff Tung

Ruff Tung vier vanjaar sy derde verjaardag as een van Suid-Afrika se top-inklusiewe handelsname. Hul verjaardagreeks, Blue Blood, bring hulde aan alle adellike vroue wat ’n invloed op die modewêreld gehad het – ’n huldeblyk aan hul prestige, krag en invloed. Die Blue Blood se kobalt en vlootblou skakerings is deur die adellike blou geïnspireer, maar met ’n moderne kinkel vernuwe. Hul ontwerpe is geskik vir enige vorm en grootte. Die onterpwerduo, Bridget en Ludwig, sê die ontwerpe kan ook saam met bonkige truie of ’n statige jas gedra word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto’s: AFI

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Falke

Die meeste van ons het al ervaar hoe ’n koussoom jou middel in twee sny, of deur die dag aanhou omrol … Ons aanvaar die ongemak maar gelate omdat ons glo daar is nie ’n ander keuse nie.

Maar nie Falke nie. Die maatskappy word al sedert 1895 as kousspesialiste erken, en werk voordurend aan nuwe tegnieke vir ’n gemakliker, stylvoller voorkoms. Falke het die nuwerwetse love yourself-beweging omhels, en stel vanjaar hul Beauty Plus-sykousreeks bekend.

Jy kan dalk sê: “Kouse bly mos kouse, wat maak hierdie dan nou anders?” Wel, dié kouse is spesifiek ontwerp vir vroulike kurwes en het breër some wat ondersteuning by die heupe, maag en dye bied. Spesiale insetsels tussen die bene absorbeer vogtigheid vinnig en die rugsoom, wat daardie ongewenste lyne onder klere gee, is afwesig.

Lees ook: Lyk ryk: 7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee

Levi’s

Levi’s staan bankvas agter vroue wat hul kurwes wil beklemtoon, en so het die nuwe Curvy-jeans ontstaan.

Vroue met groter heupe sukkel dikwels met broeke in groter nommers, want sodra die jeans om die heupe pas, is dit te groot om die middel. Maar dié jeans is spesifiek ontwerp vir vroue met breër heupe en ’n kleiner middel. Daar is aandag aan die rekbaarheid van die ontwerp gegee sodat die jeans elke kurwe vleiend omvou.

Dié broeke is beskikbaar in twee style: met nou pype of regaf pype, ’n effense hoër middel en ’n verbeterde middelsoom vir gemak.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

Amanda Laird Cherry

As dit by mode kom, is Amanda Laird Cherry al ’n gevestigde naam. Haar kleregroottes strek van 30 tot 46, maar sy fokus eerder op die kreatiewe potensiaal van haar kliënte as om aan ’n nommer gebonde te wees. Sy glo dat mode ’n storie oor omgewing, mense en omstandighede is – ’n persoonlike verhaal wat jy sonder woorde uitbeeld. Haar ontwerpe is slim gevou, gesny en gestruktureer om die vroulike figuur op sy beste te laat lyk.

Die inspirasie vir die jongste 2019-reeks is die see met sy diep bloue en wit. Verder simboliseer dit ook diversiteit – warm en koue strome, rowwe branders of stille waters …

Foto’s: Verskaf deur ALC. Middelste foto: The Space

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.