Dit maak nie saak waar jy is nie, maar saam met wie. Dit is waar, maar dit is beslis lekkerder as jy saam met jou man by ’n mooi hotel is, in plaas van by die huis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Voor ek my oë kon uitvee, was dit tyd vir ons eerste huweliksherdenking. Die Faircity-hotelgroep het ’n hele paar bestemmings om van te kies en Roodevallei is beslis die een vir romanse. Tussen die bome pryk grasdakhuisies, en agter dit loer die Pienaarsrivier vir ons.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ons het in ’n grasdakhuisie gebly; die privaatheid daarvan maak dit perfek vir paartjies. Op die bed was donsige kamerjasse en vonkelwyn op ys het ons ingewag. Die agterdeur maak oop op groot, groen grasperke wat tot aan die rivier strek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ons het dadelik gevoel hoe ons ontspan. Daar is iets in die uitsig oor water wat ’n mens dadelik laat voel asof alles oukei gaan wees. Die middag was stil, ons kon die voëltjies hoor sing en hier en daar het ’n vissie ook kom groet. Ons bed was koningsgrootte, en as jy eers op die bankies sit, rus jy lekker.
By die Valley Restaurant. Daar was ’n konferensie aan die gang, toe dek hulle vir ons ’n tafel in ’n private afdeling, versier met kerse en roosblare. Oggend- en aandete was buffetstyl en ons gunsteling was die aartappelkoekies by ontbyt. Laatmiddag voor aandete was daar ook ’n bordjie happies wat ons buite geniet het.
Dit was ’n spesiale okkasie en die personeel het dit geweet. Hulle het baie moeite gedoen om romanse te skep, tot met ’n bos blomme en sjokolade vir ons. Ek en my man het op die rand van die rivier gesit en gesels terwyl ons die vonkelwyn en sjokolade geniet het. Dit was die perfekte plek om terug te dink aan ons troue, terwyl die son sak en ons planne maak vir die toekoms. Hier is ’n paar foto’s van ons naweek:
Daar is ’n grasperk wat uitkyk op ’n donker houtdek wat as kapel vir troues gebruik word, en die uitsig sal enige troue spesiaal maak.
Kameeldrift Oos, Zeekoegat, Pretoria, 0039
Beskikbaar by +27 12 845 5000 of reservations.roodevallei@faircity.co.za Die hotel bied ook heelwat spesiale aanbiedinge regdeur die jaar. Klik hier vir meer
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.