Gee haar ‘n Moedersdaggeskenk wat nie net betekenisvol is nie, maar ook modern voel. Ontdek Tempo-juweliersware se klawervormige Lapis Lazuli-stel – ook beskikbaar in ‘n treffende groen aksent. Vervaardig van vergulde vlekvrye staal en gemaak om te hou. Elke hipo-allergeniese, waterdigte stuk is moeiteloos luuks. Oorbelle R599, Armband R799, Halsnoer R999, www.bash.com/american-swiss of by jou naaste American Swiss-winkel.
Beleef die wêreld se eerste permanente wenkbroukleurpenne met BeautyLash® by RefectoCil® Full Brow Tinting Pens Two Go. Dit lewer ’n intense, vol wenkbrou-effek in slegs drie minute, en is kladbestand, waterbestand en langdurig, dermatologies en oftalmologies getoets, en geskik vir diegene met PPD-allergieë. Dit is in Natural Brown en Black Brown beskikbaar en bied 20 presiese, maklike aanwendings. R400, takealot.com, www.refectocil.co.za, of stuur ’n e-pos na admin@refectocil.co.za

Ontdek The Harvest Table se nuwe proefgrootte-sakkies uit hul topverkopers. Dis ’n wonderlike manier om die perfekte produk te vind wat by jou behoeftes pas. Vanaf R169, www.harvesttable.co.za
Die De Krans Premium Rosé Moscato Perlé is ‘n effens borrelende, semisoetwyn met ‘n ligte pienk kleur, geure van aarbeie, rooi bessies en muskaat en ‘n alkoholinhoud van slegs 9%. Die wyn is landwyd beskikbaar. R95, www.dekrans.co.za.

Drink Elgin in met drie Sutherland-wyne wat saam met drie Wedgewood Angel Nougat-beskuitjies gepas word. Sluit ‘n Moedersdaggeskenk in om huis toe te neem. Geniet die beste gesofistikeerde bederf by die Indaba-proelokaal. Bespreek aanlyn. R320 per persoon, www.bit.ly/tasting_room of stuur ‘n e-pos na restaurant@indabahotel.co.za

Die Mother’s Day Scented Ritual Candles is in drie geure beskikbaar: Vanilla Latte, Matcha en Lavender Chai. R299 elk, www.woolworths.co.za

HIerdie stel is ideaal vir winterwarmte en is 100% kasjmier. Mus R1 499, Handskoene R1 299, Serp R1 699 by www.woolworths.co.za

Poetry se Moonlit Bloom Eau de Parfum ruik heerlik met geure van lemoen, gardenia, heuning en patsjoelie. R399, www.poetrystores.co.za

Crème Brûlée Body Butter van Eco Diva Natural is 100% natuurlik en heerlik luuks en romerig. R450, www.ecodiva.co.za

Thandana se Willow-handsak het ’n interessante V-patroon en van egte leer. R2 599, www.thandana.co.za

Jou teeliefhebber-ma sal mal wees oor LMC Jasmine & Orange Blossom Loose Leaf. Die blik sluit ook ’n teesiffie van vlekvryestaal in. R279, lizemoutoncollection.com

La Motte het ’n nuwe reeks bad- en lyfprodukte met vier geure en verskeie produkte soos die Inheems Hand & Body Wash, Inheems Hand & Body Lotion, en koekies Inheems-seep. Vanaf R150 tot R270, www.la-motte.com

uBlom is ’n geskenk wat bly gee, want Ma kan maandeliks, tweeweekliks of weekliks ’n bos blomme kry. Jy kan ook ’n eenmalige aflewering doen. UBlom is in hierdie stadium slegs in die Wes-Kaap en aan die Tuinroete beskikbaar. Pryse wissel, ublom.co.za.

Da Luca Sparkling Rosé is ’n elegante, verfrissende Italiaanse vonkelwyn met ’n pragtige ligpienk kleur. Kry dit teen R145 of via handelaars soos YuppieChef, Makro en Norman Goodfellows

Darling Sweet het pas ’n nuwe fudge in sewe heerlike geure. Vanaf R46, uitgesoekte handelaars, delikatesses en www.darlingsweet.co.za

Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!




