kategorieë: TrendsMode

Ons top 10 oomblikke by New York-modeweek

Oscar de la Renta kies nuwe loopplank

Die ontwerpers Laura Kim en Fernando Garcia het bewys hoe prakties hul ready-to-wear-ontwerpe kan wees deur die modelle hul verskyning op ’n roltrap te laat maak. Die minimalistiese en industriële galery van Sotheby’s York Avenue is as ligging gekies om die helderkleurige ontwerpe te kontrasteer. Maryam Nassir Zadeh het ook van die alternatiewe loopplank-idee gebruik gemaak deur haar vertoning op ’n atletiekbaan te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gigi laat haar nie onderkry nie

Die bekende model Gigi Hadid het al meer as een keer bewys sy is haar sout werd, maar selfs sý erken dat om in ’n modeweek met net een skoen te loop, ’n eerste is. Tydens Anna Sui se vertoning het Gigi met net een skoen die loopplank aangedurf. Twitter was onmiddelik deurspek met kommentaar oor hoe goed Gigi hierdie situasie hanteer het en sommiges het selfs erken dat hulle skaars die onklaarheid opgelet het! Tydens die finale rondte het Gigi se jonger sussie, Bella Hadid, ingespring en sy aan sy saam met Gigi geloop om haar te ondersteun. Kan hierdie susters enigsins nog ouliker wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Diversiteit vir Michael Kors

Die gehoor was gaande oor die ontwerper Michael Kors se verskeidenheid in kleur, figuur, ouderdom en styl van sy modelkeuses. Boonop het die modelle byna geen grimering gedra nie wat bygedra het tot ’n moeitelose somervoorkoms. Sy klerereeks bestaan uit ontspanne somer-ontwerpe met krokodilvel-plakkies en kasjmiermateriale met ’n knoopdoop-motief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Swangerskap stuit nie Ekhaus Latta

Ontwerpers Mike (Eckhaus) en Zoe (Latta) het sosiale media omtrent aan die gons gehad toe ’n agtmaande-swanger model (’n kunstenaar, naamlik Maia Ruth Lee) haar verskyning maak met ’n naakte, koelronde magie wat deur ’n oopgeknoopte noupassende rokkie loer. Hierdie voorkoms is met opset gekies om die natuurlike siklusse van ’n vrou uit te beeld.

Boheemse Vanessa nou weer metro

Sanger en aktrise, Vanessa Hudgens, het al met baie style vorendag gekom en kry dit telkemale reg om elkeen op sy beste te vertoon. Vanessa is vir die afgelope paar jaar as die Boheemse skoonheid gekenmerk waar sy met bonkige bykomstighede, dramatiese valle en kopbande gesien word. By dié modeweek lyk dit egter asof sy weer terugkeer na haar modieuse metro-styl. Tydens die vertoning van Jeremy Scott se Lente2018-vertoning het sy in ’n roeskleurige baadjie en swart leernommertjie in die voorste ry gesit.

Ontwerpers spreek Amerikaanse kwessies aan

Die Amerikaanse demokrasie, kern-oorlog en klimaatsverandering is daaglikse kwessies waarmee die wêreld gekonfronteer word. Met hierdie modeweek het ontwerpers hul vertonings met onderliggende boodskappe rakende hierdie kwessies georganiseer. Tydens die Calvin Klein-vertoning het modelle in oorgrote uitrustings verskyn wat uit tent- en reëndigte materiaal gemaak is om rampe soos onder meer vloede en orkane (ons dink aan die onlangse Irma en Jose-rampe) aan te spreek.

Rihanna se reeks

Met die bekendstelling van Fenty X Puma, het Rihanna haar verskyning op ’n motorfiets gemaak in een van haar nuwe Fenty X Puma-ontwerpe. Soos ’n kenmerkende “bikerchick” het hierdie sangeres haar modelle in sexy, noupassende leer- en blinkuitrustings laat verskyn terwyl motorfiets-waaghalse toertjies tussendeur die pienk sandduine opvoer.

Eienaardige voorrye

Elke aanhanger, joernalis, en ondersteuner droom daarvan om ’n voorry-sitplek tydens hierdie modeweek te hê. Gewoonlik word hierdie sitplekke egter toegeken aan bekendes soos die Kardashians, gesogte ontwerpers en ingeligtes soos Anna Wintour en familie van modelle en ontwerpers. Daar is egter opgelet dat daar tydens vertonings soos Calvin Klein ’n interessante groep in die voorste ry gesit het. Akteurs soos Jake Gyllenhaal het langs die Moonlight-filmster, Mahershala Ali gesit, wat weer langs die bekende aktrise Lupita Nyong’o gesit het. Selfs ons eie Trevor Noah is ook tussen die bekende gesigte herken. Kyk hoe snaaks is die byskrif wat Trevor by dié foto gesit het:

Verfynde juwele

Die Japanese juwelier, Tasaki, het sy debuutreeks tydens die Prabal Gurung-vertoning bekendgestel. Die dae waar loopplanke oortrek is met bonkige en soomlose juwele word al hoe meer verruil vir geraffineerde afwerkings en verfynde style. Die Tasaki-reeks is deur surrealisme geïnspireer waar goud, silwer en pêrels in verwringde ontwerpe die modelle se aanddrag afgerond het. Dié voorkoms kan as ongewoon klassiek bestempel word.

Marc Jacobs gons in stilte

Marc Jcobs is bekend daarvoor om met sy vertonings te verras. As afsluiting van die NY-modeweek het dié ontwerper sy hele vertoning in absolute stilte laat plaasvind! Die vertoning is in die Park Avenue Armory gehou met minimalistiese dekor – geen luukse loopplank, beligting of klank nie. Al wat die gehoor se ore kon opvang was die tekstuele klanke van die ontwerpe – kralewerk, lae blinkers en die swijs-geluide van modelle se treë. Metaal- en blikmeubels het bygedra tot die beklemtoning van materiale wat tydens ’n reeks gebruik word. In teenstelling met hierdie delikate klanke is daar rondgespeel met die gebruik van spasie en beweging. Die modelle se looparea was vol beweging en bedrukte spasie wat dit soos ’n treinstasie laat voorkom het, terwyl die gehoor van ’n geruime afstand die vertoning bekyk het.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.