kategorieë: Blogs

Onthou dit, as jy 44 is …

Liewe Sussie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vakansie lees ek iewers dat iemand in Londen – ja, daar waar Big Ben is, en die London Eye waarop ons nog eendag gaan ry en daar waar Prins George saam met sy sussie Prinses Charlotte van Cambridge woon – die miljardêr-sakeman Richard Branson uitgedaag het om ‘n briefie aan sy tienjarige self te skryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie briefie spook by my; ek lê wakker. Want ek wonder wat ek vir my tienjarige self sou sê? Ja, ek weet jy spot my dikwels oor ek hardop met myself praat. Maar jy weet ook ek glo dat as jy met jou self praat jy aan jou selfvertroue en selfbeeld werk, of dit nou positief of negatief is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek kies kortpad: om ‘n briefie vir my tienjarige self te skryf is te moeilik. Maar jy is ‘n klein ek (al is daar baie van Pappa ook in jou). So ek skryf vir jou, en ook so klein bietjie vir my. Al lyk jou wêreld op sewe soveel anders as myne 37 jaar gelede.

Ek kyk hoe jy met soveel gemak deur alles seil. Toe jy die eerste keer jou iPad laat val en die skerm flenters splinter lig jy jou handjies braaf vir Pappa en sê: “Oeps! Foutjie! Dis regtig nie die einde van die wêreld nie.” Net daar draai jy hom om jou pinkie en sien hy jy’t lankal uitgewerk daar’s belangriker goed in die lewe. Een van hulle om die mense om jou, veral dié wat vir jou lief is, kalm te hou. Onthou dít, as jy 44 is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek kyk hoe jy soggens voor jou klerekas staan en dink: is dit vandag ‘n rokkie, ‘n broekie, ‘n bikini of pajamas? Pienk, geel, rooi of pers? Jy kies soms versigtig, soms voor die voet en blom as ons sê jy lyk mooi. Sommige dae speel jy vroegoggend met al die make-up wat jy kan vind, kom spog dan met jou smokey eye. “Dis te veel,” sê ek. “Is nie, ek lyk dan so mooi!” skerm jy. Onthou dít, as jy 44 is.

Ek kyk hoe jy jouself vir ure in jou kamer vermaak. Barbie, Ken, die Sylvanians en Prinses Sophia is jou beste maatjies. As mensmaatjies kom speel, speel jy met oorgawe, en sê na die tyd of dit vir jou lekker of sleg was. “Sy was lelik met my. Sy dink sy is beter as ek. Ek verdien beter,” kom dit uit die bloute. Onthou dít, as jy 44 is.

Ek kyk hoe jy doen, maak, eet, val en opstaan nes jy lekkerkry. Hoe jy glo jy’s die mooiste meisie in die wêreld. Hoe trots jy is op elke kunswerk wat jy maak. Hoe vrolik jy opstaan en gaan slaap. Onthou dít, as jy 44 is.

Want Mamma vergeet soms.

Liefde
Mamma

Marí Lategan
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.