kategorieë: KosSomerkos

Geroosterde tapenade-hoender met soetrissies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gaan só te werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Vul die hoender en bak vir sowat ’n uur tot 1 uur 20 min.
2 Sny die soetrissies en sit ná omtrent ’n halfuur saam met die hoender in die oond. Maak die sous vir die soetrissies en hou eenkant tot etenstyd.
3 Maak die luukse ciabatta-knoffelbrood sodat dit in die oond kan gaan sodra die hoender en soetrissies uitkom.
4 Maak die slaaisous vir die avokado-slaai en was die slaaiblare. Sny die avokado’s wanneer die hoender uit die oond kom en sit die knoffelbrood in die oond.
5 Sny die hoender op en sit op ’n mooi opdienbord. Gooi die sous oor die warm soetrissies en sit met warmciabatta-knoffelbrood en bindslaai-en-avokado-slaai voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 klein suurlemoen, in wiggies gesny
hand vol tiemie
1 groot werfhoender
125 ml (½ k) olyftapenade
olyfolie om oor te sprinkel
sout en gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Druk die suurlemoenwiggies en tiemie in die holte van die hoender. Tel die vel op die borskant van die hoender versigtig op en wikkel jou vingers tussen die vel en vleis in (daar is ’n natuurlike gaping). Druk die tapenade onder die vel in, maar werk versigtig sodat die vel nie skeur nie. Versprei dit so ver moontlik onder die vel deur dit aan die bokant met jou vingers vorentoe te stoot.
2 Sit die hoender in ’n diep oondpan, sprinkel olie oor en geur na smaak. Bak vir ’n uur tot 1 uur 20 min. of tot gaar en goudbruin.
3 Sit voor met die geroosterde soetrissie, ciabatta-knoffelbrood en slaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog idees
– Die hoender smaak net so lekker as jy rooisoetrissiepesto onder die vel indruk.

Toskaanse soetrissies

Genoeg vir 4

5 ml (1 t) kappertjiesaad, gekap
2-3 ansjovisfilette, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
30 ml (2 e) olyfolie
6 rooi soetrissies, middeldeur gesny en wit vliesies en pitjies verwyder
sout
300 g (2 hande vol) kersietamaties, middeldeur gesny
45 ml (3 e) olyfolie om oor te sprinkel
30 ml (2 e) rooiwynasyn om oor te sprinkel
parmesaankaaskrulle vir opdiening
hand vol basiliekruidblare

Verhit die oond tot 200 °C.
1 Meng die kappertjiesaad, ansjovis, knoffel en 30 ml (2 e) olyfolie en hou eenkant.
2 Rooster die soetrissies saam met die hoender of op ’n afsonderlike bakplaat in die oond. Sprinkel die helfte van die 45 ml olyfolie oor en geur met sout voor jy die groente in die oond sit.
3 Haal uit en sit die warm soetrissies op ’n mooi opdienbord.
4 Sprinkel die kappertjiesous, ekstra olyfolie (indien nodig) en asyn oor.
5 Voeg die kersietamaties by en meng deur.
6 Eindig met die vars basiliekruidblare en parmesaankrulle.

Bindslaai-en-avokado-slaai

Genoeg vir 4

Slaaisous
1 ansjovisfilet, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
125 ml (½ k) crème frâiche
45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) rooiwynasyn, of na smaak
10 ml (2 t) heuning
60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan + ekstra vir krulle bo-op
2 koppe bindslaai (cos) of botterslaai, blare afgebreek en gewas
3 avokado’s, middeldeur gesny en pitte verwyder

1 Meng al die bestanddele vir die slaaisous en hou eenkant by kamertemperatuur.
2 Pak die slaaiblare uit in ’n plat slaaibak.
3 Skep net voor ete lepels vol van die avokado uit die skil en sit op die slaaiblare.
4 Skep lepels vol van die slaaisous oor die blare en avokado en strooi laastens die parmesaankrulle oor.
5 Sit voor saam met die hoender.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.