kategorieë: KosSomerkos

Geskroeide steak met gekaramelliseerde uie en spesery-aartappels

Gaan só te werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
Geur die pampoen en die aartappels in afsonderlike bakke en bak vir 35-40 min. in aparte oondpanne.
2 Sny die uie en karamelliseer.
3 Maak die romerige spinasie en hou eenkant warm tot etenstyd.
4 Haal die pampoen en aartappels uit die oond. Hou die aartappels warm.
5 Rooster die druiwe vir die pampoenslaai. Meng al die bestanddele vir die slaai, behalwe die roketblare, deur.
6 Skroeibraai die steaks en sit met die uie, pampoenslaai, spinasie en aartappels voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geskroeide steak

Genoeg vir 6

3-4 prima riboog-skywe
10 ml (2 t) heuning
10 ml (2 t) Marmite
30 ml (2 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verhit die oond tot 200 °C. Verhit ’n bakplaat in die oond.
1 Meng die heuning en Marmite in ’n bakkie en hou eenkant tot benodig.
2 Verhit ’n riffelpan oor ’n hoë hitte. Smeer die steaks met die heuning en Marmite en ’n bietjie van die olie. Skroei die steaks vir 4 min. aan elke kant vir halfgaar steaks.
3 Sit die vleis op die warm bakplaat in die oond en rooster vir nog 5 min.
4 Sit die steak voor met die gekaramelliseerde uie en groente.

Wenk
– Vir mediumgaar steaks: Verlaag die oond se hitte na matig en rooster vir nog 1-2 min. aan elke kant.
– Vir gaar steaks: Rooster vir nog 2-3 min. aan elke kant.

Gekaramelliseerde uie

Genoeg vir 6

15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) botter
4 groot uie, oorlangs in dik ringe gesny
45 ml (3 e) bruinsuiker
klein hand vol tiemieblare

1 Verhit die olie en botter in ’n groot dikboompan. Voeg die uie by en soteer stadig tot gaar en deurskynend, roer deurentyd.
2 Voeg die bruinsuiker en tiemieblare by en braai vir sowat 30 min. of tot dit goed gekaramelliseer is.

Spesery-aartappels

Genoeg vir 8

8 aartappels, geskil en in wiggies gesny
15 ml (1 e) koljandersaad
15 ml (1 e) komynsaad
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) botter

Voorverhit die oond tot 220 °C.
1 Kook die aartappels vir 5-10 min. in kookwater tot sag, maar dit moet nog vorm behou. Dreineer en sit in ’n diep oondpan.
2 Kneus die koljander- en komynsade en strooi oor die aartappels. Meng die knoffel deur en geur na smaak.
3 Sprinkel die olyfolie en botter oor die aartappels en bak vir 30-40 min. of tot goudbruin en krakerig. Draai in die baktyd om.

Romerige spinasie

Genoeg vir 6

15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) botter
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) koekmeel
klein hand vol tiemieblare
knypie fyn neutmuskaat
400 g (2 pakke) babaspinasie
125 ml (½ k) room, warm gemaak
125 ml (½ k) parmesaan, fyn gerasper

1 Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte en soteer die ui en knoffel vir 5 min. daarin tot sag. Geur na smaak.
2 Strooi die meel, tiemie en neutmuskaat oor, roer en braai vir nog 3 min.
3 Voeg ’n bietjie van die room en die spinasie by en laat verwelk. Dié kan in sarsies gedoen word as daar te veel spinasie vir die pan is. Hou aan roer, anders kan dit brand.
4 Gooi die res van die room en parmesaan by en roer deur die warm spinasie. Geur na smaak met baie grof gemaalde swartpeper.

Nog idees
– ’n Verleidelike variasie: Smelt 125 g camembertkaas (wit randjie afgesny) by die room voor jy dit byvoeg.

Pampoenslaai met druiwe, gorgonzola en okkerneute

Genoeg vir 6

60 ml (¼ k) olyfolie
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
sout en gemaalde swartpeper
800 g (1 klein) pampoen met die skil, in skywe gesny en pitte verwyder
’n hand vol swart druiwekorrels
45 ml (3 e) balsemiekasyn
5 ml (1 t) bruinsuiker
2 hande vol roketblare
150 g sagte gorgonzola
30 ml (2 e) okkerneute, gekap

Voorverhit die oond tot 220 °C
1 Meng die helfte van die olyfolie met die komyn, koljander, sout en peper in ’n mengbak.
2 Pak die pampoenwiggies uit op die bakplaat, sprinkel die spesery-olie oor en bak vir 30 min. of tot goudbruin en gaar.
3 Verhit die oorblywende olyfolie in ’n pan oor ’n matige hitte. Voeg die druiwe by en kook tot hulle begin oopbars. Roer
deurentyd.
4 Voeg die balsemiekasyn en suiker by die druiwe en meng deur. Kook tot die suiker gesmelt is.
5 Pak die pampoen, druiwe, blare en gorgonzola op ’n opdienbord. Bedruip met die warm druiwesous en strooi die okkerneute oor. Sit dadelik voor.

Nog idees
– Gebruik lemoensegmente pleks van druiwe as dit uit seisoen is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.