Die Welman-gesin het jare gelede in Hillside gebly voor hulle na die Oos-Kaap verhuis het. Chris (gespeel deur David Rees van Egoli-faam) en Mariaan (gespeel deur Deirdre Wolhuter van ’n Pawpaw vir my Darling) was vir die laaste vyf jaar in die buiteland en is terug in Johannesburg waar Chris sy portefeulje as eiendomsontwikkelaar wil uitbrei.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Chris is ’n geharde sakeman wat weet hoe om te kry wat hy wil hê. Hy sal ook nie skroom om ietwat vuil te speel as dit nodig is nie. Mariaan is gesofistikeerd en stylvol – niks is vir haar belangriker as haar gesin en die beeld wat hulle uitstraal nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Kort voor lank ontmoet ons vir Rickus (gespeel deur André Lotter). Rickus en sy pa stamp gereeld koppe maar hy en sy ma het ’n baie nou en liefdevolle verhouding. Rickus het ’n BCom-graad en het hope potensiaal om in sy pa se voetspore te volg. Hy het egter sy hart op tennis verloor en skop uit beginsel vas teen sy pa se outoriteit. Rickus is sportief, lief vir die lewe en net so hardkoppig soos sy pa.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Alexa (gespeel deur Carina Nel) is ’n mediese dokter. Sy is slim, mooi, saggeaard en gee haar ouers geen probleme nie. Dit mag dalk die rede wees waarom sy partymaal oorgesien word en “verdwyn” as dit by familie-aangeleenthede kom. Sy is nader aan haar ma as haar pa, en wens soms dit was andersom.
Amorey (gespeel deur Kristen Raath) is die jongste. Sy is energiek, spontaan en die middelpunt van aandag, veral as haar pa in die omtrek is. Volgens Chris kan “Ammie” bittermin, indien enigiets, verkeerd doen. Sy is haar pa se oogappel en die een mens wat hom altyd kan laat lag. Mariaan sit egter gereeld vas met haar onkonvensionele dogter. Amorey se keuses, houding en selfs haar klerestyl laat Mariaan by tye ril.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die drie kinders is baie geheg aan mekaar en ondersteun mekaar in alles. Saam met Willem (hulle nefie) vorm hulle ’n viermanskap wat baie kykgenot gaan verskaf.
As ’n familie is die Welmans uiterlik so na aan perfek as wat kan kom. Maar maak oop die voordeur, luister vanuit die kombuis en miskien sal jy agterkom – daar is soveel meer as wat die oog kan sien.
Verwelkom die Welmans:
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.