Kry die heerlike resep hier
Genoeg vir 8
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hierdie sop word met varkbene gemaak
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• 1 ui met skil en al in kwarte gesny
• 2 heel knoffelknolle, middeldeur gesny
• 5 cm gemmer, dun gesny
• 2 preie, gesny
• 5 gedroogde porcini-sampioene
• 3 steranyssade
• 1 kaneelstokkie
• 1 kg varkbene (vra jou slagter)
• 1 kg Amerikaanse vark-ribbetjies
• bouquet garni, gemaak van 2 takkies tiemie,
2 lourierblare en 2 takkies pietersielie
• 30 ml (2 e) sojasous
• 60 ml (¼ k) mirin (Japanse rysasyn, vervang dit deur appelwynasyn)
• 5 ml (1 t) sout
• 15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer
Ribbetjie-glanssous
• 125 ml (½ k) mirin (vervang deur appelwynasyn)
• 5 ml (1 t) sesamolie
• 15 ml (1 e) strooisuiker
• 125 ml (½ k) sojasous
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml (1 e) gekapte gemmer
• 2 hande vol groente soos wortel, preie, murgpampoentjie en kool, in dun repies gesny
• vars koljanderblare vir opdiening
1 Verhit ’n groot kastrol oor hoë hitte. Braai die ui daarin tot goudkleurig en goed geskroei.
2 Voeg die knoffel, gemmer, preie, porcini-sampioene, steranys, kaneelstokkie, bene, Amerikaanse ribbetjies, bouquet garni en 5 liter water by.
3 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 2 uur. Lig die ribbetjies met ’n gaatjieslepel uit die aftreksel en prut vir nog 1 uur.
4 Verhit die oond tot 200 °C. ribbetjiesous
5 gooi die mirin, sesamolie, strooisuiker, sojasous, knoffel-huisies en gemmer in ’n klein kastrol. Kook vir 4 min.
6 Pak die ribbetjies op ’n oondpan uit. Verf met die Oosterse sous en rooster vir 20-30 min. Verf deurentyd. Bak tot goudbruin en klewerig.
7 Voer ’n sif met ’n nat kaasdoek of skoon kombuisdoek uit, sit op ’n groot kastrol en gooi die aftreksel deur die sif.
8 Voeg die sojasous, mirin, sout en gemmer by. Prut vir nog 15 min. Dompel die groente vir 2 min. in die aftreksel om net-net sag te word.
9 Sit die aftreksel met die groente, varkribbetjies en vars koljander voor.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.