kategorieë: Blogs

Op pad na êrens

Oor tien dae is ek daar. Iewers in die middel van nêrens. ’n Plek waar jy wonder en wroeg, vrede vind en vere voel. Ek word 43. Nêrens, op pad na êrens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis in die gym dat ek aan dié twak lê en dink. Plat op my maag, agterstewe in die lug, terwyl ek ongemaklik blootgestel die oorgroot-T-hemp oor my boude probeer trek, en daar hou. Elke nou en dan vang ek skaam-skrams die blik van die baie jong biokinetikus wat alles in sy jeugdige vermoë probeer doen om die skade van tyd te herstel. Hy’s hopeloos te ordentlik om dit te sê, maar ek sien dwarsdeur hom: “Hoe gaan ek hierdie uitdaging baasraak?” wonder hy. Dink ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toemaar, Seun. Op amper-43 is daar hoop. Praat ek myself (en hom) moed in. As my lyf net so fiks soos my brein kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want op 43 het Marie Curie haar tweede Nobelprys vir die isolasie van radium gewen. Die musiekonderwyser William Herschel het Uranus ontdek. John F. Kennedy word op 43 die jongste Amerikaanse president. Digter Samuel Taylor Coleridge skryf die gedig Kubla Khan.

Só sê my vriend Google as ek in die oggendure tussen berge werk sit tob oor óf hierdie geboortedag belangrik genoeg is om te vier, of nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Want wie vier nêrens? En 43 is nêrens.

Ek sink dieper in my verjaarsdaggat. Probeer nie daaraan dink dat ek op my ma se 43ste verjaarsdag al 19 jaar oud was nie. My eie oudste nou ’n skamele 9, sy sussie skaars 6.

Dan kyk die jong biokinetikus weer dwarsdeur my. “Daardie spiere is daar. Jy moet hulle net weer leer werk.” En dan: “Goed so. Mooi. Jy kry dit reg.”

Net daar stap ek oor die verhoog om my eie Nobelprys te gaan haal, ontdek ek my eie planeet, word president en skryf ’n gedig of drie.

Dalk, net dalk, is nêrens êrens.

Ek maak my lys. In my 43ste jaar wil ek die ongemaklike oortollighede afskud (ja, meer as die lyf, mense en dinge ook) en my spiere ontdek, praat wanneer ék wil praat, lag wanneer ék wil lag, en sonder verduideliking huil as ék daarna voel. Ek wil op my ma en pa se stoep kuier solank ek kan, en kyk hoe my kinders die lewe leer ken. Ek wil New York se strate stukkend loop en in Amsterdam se middestad my pad op ’n fiets tussen die trems en skares vind.

Ek wil die pad na êrens loop. Ek wil.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Naskrif: O ja. Hou dop, ons gaan 43 vier. Die uitnodigings kom!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.