kategorieë: Gesondheid

Orgaanoorplanting, oorwinnaar vertel

Heidi van As, wat met ons gepraat het in die orgaanskenkingstorie (“’n Ander soort geskenk” bl. 94 van die Februarie-uitgawe) het ’n week na afloop van die artikel gehoor dat sy donorlonge gekry het en kan nou sonder die konstante suurstofsilinders klaarkom en word by die dag sterker. Lees wat sy vir Anet Schoeman vertel het op 28 Januarie – vier maande na die oorplanting:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Gesondheid word so maklik vanselfsprekend aanvaar, maar ek het gou geleer dat dit ’n groot voorreg is. rooi rose het die 13de September 2013 met my ’n onderhoud gevoer vir ’n artikel oor orgaanskenking. Ek was toe al vier jaar op die waglys vir ’n nuwe paar longe en was permanent aan suurstofsilinders gekoppel. Ek kon dit selde buite waag, want die silinders moes orals saam. Ek was so lank op die waglys omdat ek klein van postuur is en dus longe moes kry wat nie net my bloedtipe pas nie, maar ook in my klein borskas sou pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tien dae na die onderhoud (22 September), lui die foon onverwags teen 23:00 die aand. My eerste reaksie was dat dit slegte nuus moes wees. Wie anders bel so laat in die aand? Dit was egter die beste nuus wat enige persoon op ’n waglys voor kon hoop. Hulle het skenkerlonge vir my gevind en ek moes so gou moontlik by die hospitaal kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die operasie het 6:00 die volgende oggend op 23 September plaasgevind en was ’n groot sukses. Ek was 45 dae in die hoësorgeenheid en hoewel daar moeilike dae was, het ek positief gebly en is presies twee maande na die oorplanting ontslaan.

Dis nou vier maande na die oorplanting en dit gaan baie goed met my. Ek is baie dankbaar vir hierdie tweede kans wat my gegun is en alle eer aan my Skepper, die skenker en die mediese span wat die oorplanting gedoen het. Ek glo dat jy geen groter geskenk kan nalaat as die beskikbaarheid van jou organe nie. As jy ’n orgaanskenker is, kan jy die lewens van mense en veral kinders red.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.