Kry jy ook dikwels ’n kopseer wanneer jy jou klerekas oopmaak en nie weet wat om aan te trek nie, vir die eenvoudige rede dat jy niks kan vind nie? ’n Deurmekaar kas is altyd ’n nagmerrie en kos jou geld omdat jy net meer en meer koop as jy nie weet wat jy het nie. Hier is ses wenke wat jou sal help om ’n netjiese kas te hê. Deur Elandrè Swart.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Installeer nog ’n klere-reling bo- of onder die bestaande een indien daar plek in die kas is. Op so ’n manier sal jy meer plek hê vir jou klere.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Belê in mooi klerehangers. Eenvormigheid laat ’n kas mooier en meer georganiseerd lyk. Vir jou rompe kan jy byvoorbeeld drievlakhangers gebruik om dit netjies te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gebruik die binnekant van jou kas se deure om bykomstighede op hakke of selfs aan mandjies te hang. Jy kan ook ’n handdoekreling hang vir jou serpe.
Houers is jou vriend! Alle onnodige goed wat nie baie gebruik word nie, kan in deursigtige bêrehouers gepak word. Jy kan ook etikette op al jou klerehouers plak sodat jy items makliker kan vind. Dit werk om met ’n merkpen op maskeerband te skryf. Bêre skoene in duidelik gemerkte skoenbokse wat jy maklik opmekaar kan stapel. Soos wat die seisoene verander, kan jy jou wintersklere wegpak en netjies hou vir volgende jaar sonder om jou spasie op te gee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Ontklotter en organiseer jou huis: hier’s raad
Skoene kan vinnig beskadig word as dit net so in die kas gegooi word. Beskerm jou skoene deur dit in skoenbokse of -houers te sit wat dit netjies en georganiseerd hou. Jy kan selfs ’n nota op die bokse maak van watter skoene waar is om die soektog soggens makliker te maak.
Sit ’n mandjie onder jou grimeertafel om al die goed wat jy min gebruik maar wel naby wil hou in te sit sodat jou tafel altyd netjies lyk.
Lees ook: Die beste stoorwenke vir jou huis
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.