kategorieë: HareSkoonheid

10 gewoontes vir gesonde hare

1. Beskerm altyd jou hare teen hitte, droogblaas, krultange en haarysters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons sê probeer:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• TRESemmé Heat Defense Spray (R 120 by Clicks)
• Umberto Giannini Heat Protection Spray (R 160 by Clicks)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Laat jou hare af en toe natuurlik droog word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Gebruik minstens een keer per week ’n haarmasker.

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

Ons sê probeer:

• Pantene Pro-V Mask Smooth & Silky (R 130 by Clicks)
• Elvive Hydra Hyaluronic Moisture Wrapping Hair Mask (R 133 by Clicks)

4. Wees versigtig met nat hare. Hare breek makliker wanneer dit nat is, die reël is om nat hare te kam en droë hare te borsel. As jou hare baie koek wanneer dit nat is, wend ’n paar druppels haarolie aan en kam saggies deur.

Lees ook: Hoe om jou haarborsel behoorlik skoon te maak (en hoekom jy moet!)

5. Laat sny gereeld jou haarpunte, so raak jy ontslae van enige dooie punte en jou hare lyk gesonder en varser.

6. Eet gesond. ’n Gesonde, gebalanseerde dieet bevorder ’n gesonde kopvel en so ook gesonde hare.

7. Gebruik produkte spesifiek geskik vir jou hare. As jy droë hare het, gebruik ’n hidrerende sjampoe, as jy olierige hare het gebruik ’n “clarifying” sjampoe en opknapper.

Lees ook: 13 haarwasfoute wat jy maak

8. Slaap op ’n sy kussingsloop, dit verminder wrywing terwyl jy slaap en trek nie aan jou hare soos gewone katoen of linne nie.

9. Maak altyd jou hare op verskillende hoogtes vas. Om jou haarbandjie daagliks op dieselfde plek vas te maak, beskadig daardie gedeelte van jou hare.

10. Beskerm jou hare teen die son. Net soos ons vel, is dit belangrik om ons hare teen die son ook te beskerm, nes enige hitte-stilering maak die son ook jou hare droog. Die son kan ook moontlik veroorsaak dat jou haarkleur vaal word.

Lees ook: Beste somerskoonheidswenke

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.