kategorieë: OuerskapJou lewe

Meer as 50% van troeteldiere is oorgewig! Is joune?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die toename in troeteldiervetsug oor die afgelope 15 jaar is verbysterend. Trouens, dit is die nommer een gesondheidsrisiko wat ons troeteldiere in die gesig staar. Hill’s Pet Nutrition beklemtoon die ernstige bedreiging van troeteldiervetsug en hoe die regte kos kan help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hill’s stel al meer as 20 jaar die gevare van vetsug van troeteldiere aan die orde en het al die verskonings van troeteldierouers gehoor: “mollig is oulik,” “hy is net groot gebou,” “ag, maar hoe kan ek daardie oë weerstaan,” “dit is net baba vet,” “maar hy is so gelukkig …”

Ongelukkig sien 90% van troeteldierouers nie dat hul troeteldiere oorgewig is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Navorsing beklemtoon dat oorgewig troeteldiere:

  • ‘n korter lewensduur het
  • ‘n groter risiko vir aftakelende siektes soos artritis, blaas, velprobleme, hartsiektes, diabetes en selfs kanker kan hê
  • · en baie belangrik, is minder gelukkig…

Om ons geliefdes met kos te bederf is ‘n manier waarop ons vir hulle wys hoe lief ons hulle het–dit is deel van ons kultuur. Honde en katte, soos die meeste troeteldiere, gaan nie hul neuse optrek vir kos nie. Om hulle te bederf met lekkernye kan egter kieskeurige eters, ongebalanseerde diëte vol vet en bedelgedrag skep wat regtig moeilik is om te weerstaan.

As mense weet ons dit alte goed, maar streng kalorie beperking is moeilik om by te hou en gewigstoename is algemeen. Dit is so motiverend dat langtermyn sukses amper nooit haalbaar is nie.

Dit is waar die REGTE kos en voeding inkom. Hill’s Prescription Diet Metabolic is geformuleer met die gebruik van nutrigenomiese tegnologie, wat dit baie anders maak as enige ander kos beskikbaar vir jou troeteldier.

Hoekom? Omdat maer en vetsugtige troeteldiere metabolies verskil:

  • Vetsugtige troeteldiere kan nie vet goed metaboliseer nie, hulle het verswakte glukosemetabolisme en verswakte eetlusbeheer.
  • Maer troeteldiere is gerig om kalorieë te verbrand, het beter eetlusbeheer en stoor nie vet so maklik nie.

Wat meer is, is dat sekere gene wat vetmetabolisme beheer by maer troeteldiere baie meer aktief is, wat die troeteldier toelaat om meer vet te verbrand en minder te stoor. By vetsugtige troeteldiere word hierdie kritieke paaie af gereguleer, dus word minder vet verbrand en meer vet gestoor.

Een manier om hieroor te dink, is dat die gene waarmee jy gebore word, is soos die kaarte wat jy uitgedeel word. Jy kan nie jou ‘hand’ verander nie, maar wat jy kan verander, is hoe jou ‘hand’ gespeel word, (of hoe jou gene uitgedruk word). Geenuitdrukking kan deur voedingstowwe beïnvloed word – verkry uit die kos wat ons eet!

Hill’s het spesifieke voedingstowwe en bestanddele gevind wat die metaboliese profiel van vetsugtige troeteldiere na die meer doeltreffende, “vetverbrandende” profiel van maer troeteldiere verskuif. Dit is die tegnologie wat Hill’s Prescription Diet Metabolic kragtiger maak as ‘n tradisionele gewigsverlieskos wat op kaloriebeperking staatmaak.

Dus, in eenvoudige terme werk dit deur ‘n troeteldier se natuurlike vermoë om vet te verbrand, aan die gang te sit, wat meer effektiewe gewigsverlies beteken as met ‘n eenvoudige kaloriebeperkte kos. Hill’s Prescription Diet Metabolic is die enigste terapeutiese gewigsbestuurvoedsel wat bewys is om te werk soos mense hul troeteldiere voer, in regte huise met regte troeteldierouers wat besige lewens het. Hulle sal gewig verloor en dit afhou!

So, hoe weet jy jou troeteldier is oorgewig?

Jy sal waarskynlik nie…

Onthou 9 uit 10 troeteldierouers van oorgewig troeteldiere dink verkeerdelik hulle is nie. Daarom moet jy jou veearts vra vir ‘n gratis gewigsontleding.

Prescription Diet Metabolic is ook beskikbaar in formules om gelyktydige toestande te ondersteun:

  • Gewig en gewrigsprobleme by honde
  • Urinêre en gewigsprobleme by katte.

Besoek petslimmer.co.za vir meer inligting en om uit te vind waarheen jy jou troeteldier kan neem vir ‘n gratis gewigsontleding.

Lees ook: Ontwatering, sonsteek en demensie by diere

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.