Nyad: Margaret Gardiner gesels met Annette Bening en Jodie Foster

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Of jy die vrou is wat na ’n ander vrou se kind kyk sodat hulle kan werk; die kinders ’n rygeleentheid gee wanneer daar meer as een naskoolse aktiwiteit is; en nog klomp ander maniere waarop vroue in die stilte op die agtergrond help om ander te help om die wenstreep oor te steek en glorie te bereik. Vroue is die gom in heelwat bekende suksesstories. Die beste kompliment om iets van hierdie onbaatsugtigheid oor te dra, is dat die vroue met wie ek onderhoude doen dikwels sê hulle kort ’n vrou wat die onsigbare goedjies doen wat elke suksesvolle man as vanselfsprekend aanvaar.

Dit is die gedagtes wat by my opgekom het terwyl ek Nyad op Netflix gekyk het. Annette Bening vertolk die rol van Diana Nyad, wat op die 60-jarige ouderdom besluit het om vanaf Kuba tot by Florida te swem. Dit is 661,89km sonder om uit die water uit te klim. Diana was ’n marathonswemmer wat op 30-jarige ouderdom afgetree het en tot die publieke radio bygedra het, waar Anette na haar geluister het en ’n bewonderaar van haar inhoud geword het. Sy was ook ’n bewonderaar van die filmregisseurs Elizabeth Chai Vasarhelyi en Jimmy Chine, wat aan die stuur van dié rolprent is. So toe die rol vir Diana Nyad aan haar gebied is, het Annette gesê: “Ja, maak nie saak wat dit alles gaan behels nie.” Sy rol haar oë. “Ek besef dit klink verregaande.” Vir die tog moes Nyad 53 uur lank swem, wat beteken Annette moes haarself fisiek voorberei om dit te weerspieël.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dan is daar Jodie Foster wat Diana se vriendin en afrigter, Bonnie, speel en die swemmer gehelp het om uiteindelik haar doel te behaal selfs al het sy oor en oor daarin gefaal om haar tog klaar te maak. “Ek het nie 100% verstaan hoe iemand ’n atleet raak nie. Wat hulle opgee en opoffer om uitstekend te wees – al beteken dit om naby aan die dood te kom en telkemale die dood vry te spring.”

KYK: Margaret Gardiner gesels met Annette Bening en Jodie Foster oor die Netflix-fliek Nyad

Die twee Oscar-wenners het ontmoet, het van mekaar gehou en het aan boord gekom. Jodie se grootste aantrekkingskrag was om as medewerker te dien. “Ek doen amper altyd rolprente op my eie. Verskeie mense kom in en speel die slegte ouens. So dit was aangenaam, om iemand te ondersteun vir wie ek soveel bewondering het. Die manier waarop Bonnie werklik Diana bewonder, is hoe ek Annette bewonder. Annette sal in die water wees, besig om te vries. Dis agt uur later en ons sal vir mekaar vra: ‘Is jy oukei?’ Sy sal aandring dat sy orraait is. So, nou en dan moes ek ingegryp het, die slegte ou wees, aandring en sê: ‘Kry haar dadelik in ’n warmbad.’”

Jodie Foster as Bonnie Stoll en Annette Bening as Diana Nyad in NYAD. (Foto: Kimberley French/Netflix)

Jy het iemand in die lewe nodig wat na jou omsien. Die twee het dadelik ’n verbintenis gevorm. “Ons het albei honde wat onaangenaam en fantasties is,” lag Annette. Her oë skitter: “Daar is ’n toneel waarin ons tafeltennis speel. Dit sou eers van ons op die raketbalbaan gewees het…” Sy giggel wanneer Jodi haar sin klaarmaak. “Maar na die tyd het ons albei gesê: ‘My knee, my knee. Ek kan nie hierdie doen nie.’” Dis moeilik om te glo as jy sien hoe fiks hierdie volwasse vroue op die skerm oorkom.

Annette kom terug na die uitdaging daarvan om ’n atleet uit te beeld. “Ek was baie in die water as kind. Ek was ’n skubaduiker en het op ’n boot gewerk. Ek was baie gemaklik in die see, maar ek was nooit ’n swemmer-swemmer soos wat Diana is nie. Ek het gedink: Hoe moeilik kan dit wees? Ek is fiks. Ek ry fiets, doen joga… ek het jare gelede gehardloop. Toe ek in die water gaan, dink ek toe: O shit. Ek was alleen. Daar was ’n oomblik van: ‘Hoe gaan ek hierdie doen?’” Weereens raak haar kuiltjies diep vir haar gebrek aan kennis van wat sy ingelaat het om te doen. “Ek het op YouTube gegaan om te leer hoe om die vryslag ding te doen.” Sy skud haar kop. “Dit vat meer as YouTube. Ek het uiteindelik met ’n fantastiese Olimpiese coach, Rada Owen, gewerk.”

Jodie Foster wat Diana se vriendin en afrigter, Bonnie, speel. (Foto: Kimberley French/Netflix)

Hoewel die swemmery vreesaanjaend was, was Diana deur haar swemafrigter gemolesteer terwyl sy op hoërskool was. Annette merk op: “Dis baie algemeen in vroue sport, of dit in tennis, swem of gimnastiek is. Dit was baie belangrik om te probeer om aan hierdie kompleksiteite van hierdie ervaring vir kinders te raak.”

Soos ons gesprek tot ’n einde kom, lig Annette uit dat hoewel die rolprent rondom twee vroue in hul sestigs draai, dit ’n wyer gehoor trek. “Dis soos enige groot sportstorie.” Sy trek haar skouers op. “Diana het dit gedoen toe sy in haar sestigs was, wat vreemd is. Ongewoon, maar waar. Sy het dit gedoen, want sy kon dit nie in haar twintigs doen nie, want sy het nie die kopkrag gehad wat sy nou het nie.” Sy laat dit resoneer.

“Dis jou kop waarmee jy uiteindelik mee gekonfronteer word. Haar boek se naam is Find a Way. Dis waaroor die rolprent gaan. Dis ’n metafoor wat ons almal nodig het. Wat ons met ons probleme en verhoudings doen; ons kinders, ouers en verhoudingsmaats? Ons vind ’n weg. Ek wil hê vroue en mans, jonk en oud moet sê: ‘Dalk kan ek.’”

“Hoe gereeld is dit dat ons nie die ding doen waaraan ons dink om te doen nie? Ons almal doen dit. Ons stel uit of doen dit glad nie. Daar is soveel redes om dit nie te doen nie. Die storie gaan oor al die redes om dit nie te doen nie. In hierdie geval sê Diana: ‘Ek moet. Ek moet ’n manier vind. Dalk kan ons iets uitwerk.’”

Annette Bening vertolk die rol van Diana Nyad, wat op die 60-jarige ouderdom besluit het om vanaf Kuba tot by Florida te swem. (Foto: Verskaf/Netflix)

Jodie voeg by: “Dis die storie van ’n vrou wat eendag wakker word en sê: Ek is nog nie klaar nie. Jy moet jouself herontwerp wanneer jy ouer word en dalk is dit ’n geskenk aan jong vroue, meer dalk as vir ander mense. Die samelewing vertel vir ons dat ons klaar is wanneer ons 18 is, of 40. Maar daar is iets daaraan om jouself te herontwerp met jou anderste lyf wat jy lief het en met jou nuutgevonde wysheid wat jy het. Dis so belangrik. En dis iets wat kultuur vroue nie tot nou toegelaat het om te doen nie.

“Ons almal probeer ’n manier vind om dit wat ons het te hanteer, watookal die lewensfase. Daar is al hierdie veranderinge. Heelwat aanpassings wat met aanvaarding gemaak moet word. Diana het dit op ’n merkwaardige manier reggekry.”

Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Margaret Gardiner gesels met ‘The Crown’ se Prinses Di

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

6 mins Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

4 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

7 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.