kategorieë: WenkeMode

Matriekafskeid: Raad vir ouers

Matriekafskeidkoors (of dalk -angs) kom in alle vorme voor: Histerie, moedeloosheid of kruip-weg-in-jou-bed. ’n Ouer is egter ’n kind se belangrikste steunpilaar tydens hierdie tydperk en kan nie bekostig om onder hierdie koors te knak nie. Hier is ’n paar algemene voorbereidingstegnieke om in gedagte te hou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy ’n dogter het

  1. As jou dogter ’n rok het wat agter soos ’n korset opryg, maak seker jy weet hoe om daardie oorkruis- en styftrek-tegniek te bemeester. Daar is seker niks ongemakliker as ’n rok wat aanhoudend afsak nie. Volgens ontwerpers maak die meeste van ons die fout deur die boonste deel van ’n rok die styfste te maak, maar dit moet eerder stywer sit om die nouste deel van jou bolyf wat gewoonlik jou middel is.
  2. As die rok skeur, gaan jou dogter eerste na jou kyk vir hulp. Gaan koop die regte kleur garing van die rok, sodat jy paraat is met enige gedeelte wat moeilikheid gee.
  3. Oefen voor die tyd om die skoene aan en uit te trek. Party meisies verkies dit om eers die skoene en dan die rok aan te trek, maar nie alle roksnitte laat dit toe nie – daarom moet jy as ouer vooraf presies weet watter gaatjie die regte een is om die gespe in te steek.
  4. As jou dogter reeds gegrimeer is wanneer sy haar rok aantrek, gooi ’n serpie oor haar gesig sodat die grimering nie aan die materiaal afsmeer nie.
  5. ’n Ouer se opinie is baie belangrik wanneer dit by die rok-kies-proses kom. Wees eerlik met jou dogter, sonder om haar selfbeeld af te kraak. Fokus op haar goeie bates en watter snit die beste daarby sal pas. Hou ook in gedagte dat jou dogter self ook gemaklik in die rok moet lyk en voel – “Dress your quality” soos die welbekende Jackie Burger sê. Matriekafskeid-drag is immers nie meer net ’n lang rok met baie blinkers nie, daar is nou eenstukke, oorvourokke, tweestukke en ander om van te kies – laat jou dogter volgens haar persoonlikheid uitsoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy ’n seun het

  1. Pak-soek kan net so ’n gedoente soos rokke wees. Help jou seun die regte lengte om sy broekspype en arms kies. Die klerke wat by die winkels werk, behoort jou moet mates te kan help.
  2. Dit is veiliger om ’n pak te huur as te koop – Jou seun sal nooit in daardie te groot pak ingroei nie. Hoewel mansmodes na ’n noupassende styl verander het, is daar steeds dié wat die losser snit verkies. Maak egter seker jou seun lyk nie slordig nie. ’n Goeie tegniek om te toets of ’n hemp of baadjie te styf sit, is as jou seun ’n drukkie vir iemand moet gee. Sodra sy arms gemaklik om die ander persoon kan vou, is die hemp groot genoeg. Klik hier vir nog wenke
  3. As ouer sal jy ’n bobaas das- of strikdasvouer moet raak. Verstel jou seun se das sodat dit nie te los of skeef om sy nek sit nie. Klik hier vir ’n paar maklike tegnieke. ’n Strikdas is ’n goeie keuse as jy ongewenste vlekke wil vermy. Dasse kan soms in die pad hang van jou bord en dit kan ’n vuil merk agterlaat.
  4. Belê in gemaklike en stylvolle skoene. Skoene is ’n veelsydige item wat jou seun nog lank kan dra. Maak seker jou seun loop ’n paar aande voor die matriekafskeid sy nuwe skoene in. Egte leer sit uit wat met die tyd gemaklik om jou voet kan pas. Teen die tyd dat die groot aand aanbreek, is hy gereed om sy litte los te dans! Kitswenk: As die belt bruin is, mag die skoene nie swart wees nie – Hou die bykomstighede in een kleur.
  5. Sokkies word die afgelope tyd as fokusitem by formele pakke gestileer. Verskeie patrone, motiewe en kleure steek skelm hier en daar uit wanneer foto’s geneem word. Interessante ontwerpe sal enige voorkoms opkikker. As jou seun egter veilig wil speel, kies dieselfde kleur sokkies as die skoen. Toets: Laat jou seun sit en maak dan seker die sokkie se lengte is lank genoeg dat sy been nie uitsteek nie.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.