kategorieë: Leefstyl

Outydse kommunikasie is dié kafee se wenresep

WI-Fi, apps, iPads, YouTube, Facebook, Twitter, LinkedInn en Pinterest is maar ’n paar van die nuwe terminologieë wat die ronde doen in ’n era waarin die Internet ’n enorme rol in die wêreld speel. Hoewel dit noodsaaklik is om by te bly en nuwighede te ontdek, voel ’n mens soms lus om ’n oomblik stil te staan en die Internet-vrye verlede te onthou: ’n tyd toe briewe vir langafstand-kommunikasie gebruik is, of faksmasjiene, huistelefone en later ook selfone met eenvoudige SMS-funksies. Sosiale media was ’n vreemde term en selfone sonder knoppies heeltemal vergesog.
Maar in ’n splinternuwe kafee in Parkhurst, Johannesburg, kan jy die horlosie terugdraai en weer op die “ou-skool” manier kuier … met bordspeletjies en verruklike koffie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Jacobs Board Game Café is die eerste in sy soort in Suid-Afrika waar klante kan inloer, ontspan en weer op die ou manier met mekaar kan kommunikeer – deur van aangesig tot aangesig te gesels en bordspeletjies speel terwyl hulle aan ’n heerlike koppie koffie (nogal gratis!) teug. ’n Wye verskeidenheid bordspeletjies, van ou gunstelinge soos … (dambord?Monopoly?) tot nuwe ??? (ek weet ook nie), is beskikbaar terwyl knus sitplekke en Jacobs se bekende Verwohnaroma ’n lekker kuiertydjie verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie tydelike kafee (die mode-woord daarvoor is ’n “pop up”-kafee of –boutique wat net vir ’n kort tydperk oop is) se deure sal tot aan die einde van Augustus oop bly, Dinsdae tot Sondae van tienuur soggens tot tienuur saans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Besoek die “Jacobs Krönung South Africa”-facebook-blad vir meer inligting of kontak Kate Fitz-Gibbon by kt.fitzgibbon@gmail.com vir besprekings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.