kategorieë: Gesondheid

Ovulasie en vrugbaarheid

Hoe weet jy dat jy naby ovulasie en dus vrugbaar is?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy op vrugbaarheidsbehandeling is, word gesofistikeerde bloedtoetse gebruik om ovulasie uiters akkuraat te bepaal.
Maar wat as jy sommer net tuis self wil weet hoe sake staan? Kaapse ginekoloog, dr. Wynand Truter, sê jy kan die tekens van ovulasie redelik akkuraat uit jou vaginale mukus lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Vaginale mukus (slym) is een van jou liggaam se ongerekende wonderwerke. Dit beskerm jou teen ongewenste bakterieë en hou sperm weg wanneer jy nie ovuleer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit verander in ooreenstemming met jou ovulasie-situasie. Soos jy ovulasie nader, maak dit jou vagina, serviks en baarmoeder ’n vriendelike, verwelkomende omgewing vir sperme. Daarmee saam verander die tekstuur en kleur, waaruit jy kan aflei of jy naby ovulasie is of nie.

“Dit is ’n bietjie van ’n verlore kuns onder ‘ordentlike’ vroue maar eintlik is dit eenvoudig om jou vaginale mukus te lees. Dit werk so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Was jou hande goed.
• Neem ’n bietjie mukus met jou voorvinger uit jou vagina.
• Kyk na die kleur: is dit wit, geel, liggeel, ligwit of deuskynend?
• Druk ook jou voorvinger teen jou duim en kyk wat gebeur daarmee as jy jou twee vingers stadig van mekaar weg beweeg. Breek dit? Of rek dit soos ‘n spinnerakdraadjie?”

Lees dit so:

Daar is min of niks vaginale mukus Jy is nie op ’n vrugbare fase nie
Dit is taai en geel of wit. Die mukus breek as jy jou twee vingers van mekaar wegtrek Jy is steeds nie vrugbaar nie maar dinge is aan die verander. Hou van nou af elke dag dop
Dit is liggeel of witterig. Die mukus breek as jy jou twee vingers van mekaar wegtrek Jy is besig om oor te skuif na jou vrugbare fase en kan makliker nou swanger raak. Die mukus behoort nou geleidelik te verander – en jou vrugbaarheid sal ooreenstemmend toeneem
Dit is helder, deursigtig en waterig – amper soos die wit van ’n rou eier. Dit vorm ’n draad as jy jou twee vingers van mekaar af wegtrek Jy is op jou vrugbaarste. Jou kans op swangerskap is nou die hoogste

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.