kategorieë: DekorDoen dit self

Doen-dit-self projekte vir Paasfees

Eiermusse

Benodig: Vilt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak so

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Maak ’n patroon: Trek diagram af op patroonpapier en knip uit.
• Knip aan die hand van die patroon soveel pante uit soos benodig (twee pante per mus).
• Plaas die twee pante bo-op mekaar, steek vas om in posisie te hou en stik vas aan die twee lang sye, 5 mm vanaf die rand. Herhaal vir al die musse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eiervoëltjies in nessie

• Mos (vir die nessie)
• Los vere en takkies
• Gaar hoendereiers
• Blare (vetter en rond vir die vlerke en dun en lank vir die bekkie)
• Swart krale of saadjies vir die ogies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak so

  1. Vorm ’n ronde nessie deur die los ente van die mos ineen te strengel. Druk die holte van die nessie met jou duime uit. Versier die nessie deur los vere en takkies tussen die mos in te ryg.
  2. Kies blare van dieselfde grootte vir die vlerkies. Sny die punt van die blaar met ’n snoeiskêr af. Bepaal en merk die posisie van die vlerkies en plak vas.
  3. Kies blare van dieselfde grootte vir die bekkies van die babavoëltjies. Vou die blaar in die lengte toe en knak op die voupunt.
  4. Bepaal en merk die posisie van die bekkies en plak vas.
  5. Bepaal en merk die posisie van die ogies en plak die saadjies of kraletjies vas.
  6. Skik ’n bed van vere in die nessie en sit die “babavoëltjies” daarin.

Hasiekoekies

• Botterpapier
• Skerp mes
• Koekiedeeg van jou keuse
• Sjokolade-ganache

Maak so

  1. Maak ’n patroon van die hasievorm: vergroot of verklein die hasiediagram tot die grootte van jou keuse, trek die diagram oor op botterpapier en knip uit.
  2. Rol die koekiedeeg uit, sit die botterpapierpatroon daarop en sny die patroon met ’n skerp mes uit die deeg. Herhaal tot die deeg opgebruik is.
  3. Sit die hasiekoekies op ’n gesmeerde bakplaat en bak volgens die resep se aanwysings.
  4. Laat afkoel op ’n droograk.
  5. Sit die sjokolade-ganache in ’n versiersakkie en teken ogies en ’n mond op elke gesiggie. Laat staan tot heeltemal gestol.

Paaseiers

As daar ’n vredigheid in jou gemoed kom lê het, is dit net die regte tyd om tydsaam jou eie Paaseiers te sit en versier. Gebruik natuurlike kleurstowwe soos beet en koffie om ’n meer aardse gevoel te skep.

Rooskleur
Kook 4 k water, 4 k beet ( in blokkies gesny) en 2 e witwynasyn vir ’n ½ uur saam. Week die eiers vir ’n ½ uur in die vloeistof.

Duifgrys
Vervang die beet met 4k gesnyde rooikool. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit die kleurstof, druk droog met handdoekpapier en laat droog word op ’n draadrakkie.

Karamelkleurig
Vervang die beet met 6 e gemaalde koffiepoeier.

Geel
Vervang die beet met 3 e borriepoeier.

Lees ook: Die 3 mooiste herfskranse en versierings wat jy vir Paasfees moet maak

Hooffoto: Roman Odintsov vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.