kategorieë: KalenderOntspanning

Pak geskenke op Mandela-dag met Santa Shoebox

Pak geskenke op Mandela-dag met Santa Shoebox. Foto’s en inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vier vanjaar Mandela-dag op 18 Julie 2019 by Canal Walk-winkelsentrum en gebruik jou 67 minute om deel te neem aan die Santa Shoebox-projek wat Kersgeskenke aan minderbevoorregte kinders voorsien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die sentrum se binnehof sal omskep word sodat mense kan help om die geskenkbokse te verpak.

Die Santa Shoebox-projek beoog om vanjaar 100 000 geskenkbokse aan minderbevoorregtes te skenk. Om hulle te help om dit te bereik sal 3 000 bokse op Mandela-dag verpak word. Die geskenke sal by van Suid-Afrika se minderbevoorregte kinders afgelewer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitvoerende hoof van die Santa Shoebox-projek, Deb Zelezniak, sê die Virtuele Shoebox stel mense wat ver woon in staat om deel te neem, en gee landelike kinders, wat nie toegang tot donateurs het nie, toegang tot skenkings.

Op Mandela-dag sal ondersteuners van die Santa Shoebox-projek (vrywilligers, korporatiewe spanne, kopers, skoolkinders en besoekers aan die sentrum) die geleentheid kry om bokse te pak. Die VSS is die enigste geskenk wat hierdie jong kinders tussen twee en sewe jaar vanjaar ontvang.

Zelezniak het die winkelsentrum bedank vir die gasheerskap en ook dankbaarheid uitgespreek teenoor die borge en vrywilligers vir hul ongelooflike ondersteuning.

Elke boks sal ‘n handgeskrewe nota insluit om aan die kind te toon dat iemand omgee, sê Zelezniak.

Jy kan ook betrokke raak:
• Borg ’n virtuele Kersfeesboks teen R400
• Help as vrywilliger op die dag om die bokse te verpak. Dit begin om 09h00
• Borg ’n span of bespreek ’n sessie vir korporatiewe spanbou

Om te registreer, stuur ’n e-pos aan mandeladay@santashoebox.org.za

Loer hier om meer uit te vind oor die Santa Shoebox-projek

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

38 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.