kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Pak jou somerlinne só weg

Pak jou jou somerlinne só weg deur Cornel Dunn. Hooffoto: iStock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Was jou beddegoed met sorg

Moenie net die oortreksels en slope was nie; onthou ook van die duvet en die kussings om te verseker dat alles vir ’n slag silwerskoon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jou wasmasjien groot genoeg is, kan jy dit versigtig tuis was. Indien nie, maak gebruik van ’n wassery. Lees die instruksies op die  beddegoed sorgvuldig deur om te verseker dat dit nie beskadig word nie.  Was delikate kussings en erfstukke met die hand en sondroog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is ook ’n goeie tyd om na die toestand van jou beddegoed te kyk. Vervang of herstel enigiets wat ’n bietjie aandag kort.

Lees ook: Die knusste kussings: Alles wat jy moet weet voordat jy weer beddegoed koop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pixabay

2. Maak seker dis kurkdroog

Klammigheid is bedlinne se grootste vyand. Gooi ’n paar bolle wol of ’n skoon tennisbal saam met die linne in die tuimeldroër. Dit help die warm lug beter sirkuleer en pof die beddegoed uit.

Selfs ná ’n sessie in die droër kan jy die dekens en ander dikker items vir ’n paar uur in die son laat om enige oorblywende klammigheid te verhoed. Niemand wil aan die begin van die lente verras word met muwwerige beddegoed nie!

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

pexels

3. Stoor jou linne slim

Wanneer jou linne skoon en droog is, plaas dit in ’n materiaalsak om dit teen stof te beskerm.

Jy kan dit eers met linnesproei behandel, of ’n sakkie laventel daarmee saam wegpak. Dit sal die linne vir maande geurig hou.

Vermy egter verseëlde plastieksakke omdat dit die materiaal laat vergeel.

Antieke linne kan tussen lae suurvrye papier weggepak word.

Lees ook: Allergies vir stofmyt? 14 plekke waar hulle in jou huis skuil

Pixabay

4. Tot volgende somer!

Plaas die sakke met linne in ’n stofvrye area met lae humiditeit soos ’n gangkas.

Indien jy nie ’n gangkas het nie, belê in ’n houtkis wat jy aan die voet van jou bed kan plaas vir stoorplek. Dit lyk sommer ook luuks!

Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.