kategorieë: KosGebak

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep verdubbel om ’n lekker hoë koek te bak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 400 ml koekmeel
  • 12,5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 250 g sagte botter
  • 300 ml strooisuiker
  • 6 groot eiers, geskei
  • 10 ml vanielje
  • 1 ml amandelgeursel
  • 250 ml suurroom
  • 75 ml papawersaad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suurlemoenstroop

  • Meng 100 ml kookwater, 50 ml suiker, 7 ml suurlemoensap en die gerasperde skil van 1 suurlemoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Versiersel

  • Room 120 g botter, 240 g roomkaas en 600 g versiersuiker tot sag en smeerbaar.
  • Roer 50 ml suurlemoensmeer (<em>lemon curd</em>) by en versier die koek tussenin en bo-op daarmee.

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee 20 cm- koekpanne met kleefwerende kossproei.

  1. Sif al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak.
  2. Klop die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg die geurmiddels by.
  3. Meng die eiergele een vir een by die bottermengsel in.
  4. Meng die droë bestanddele om die beurt met die suurroom by die eiermengsel in.
  5. Klop die eierwitte in ’n ander bak tot sagtepuntstadium en vou versigtig by die deegmengsel in.
  6. Gooi dit eweredig in albei pannetjies en bak vir 25-30 min.
  7. Laat staan vir 15 min. in die panne en keer uit.
  8. Gooi die warm suurlemoenstroop oor en sit vir ’n uur in die vrieskas sodat dit nie krummel wanneer die koek versier word nie.
  9. Smeer die versiersel tussen elke laag en bo-op die koek.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

16 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

20 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

20 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

22 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.