Goud, silwer en brons vir span SA!
’n Silwermedalje in die 400 m vir vroue (T47) én medalje nr. 9 vir span SA by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die 23-jarige Anruné Liebenberg van Stellenbosch het Woensdagaand tweede geeïndig in ’n tyd van 58.88 sekondes. Haar voorloper was China se Li Lu wat met ’n tyd van 58.09 sekondes die goue medalje gewen het. Sae Tsuji van Japan was derde (1:00.62).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Suid-Afrika het tot op hede nege medaljes by die Spele.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Zanele Situ het Dinsdag ’n bronsmedalje gewen vir haar poging in die spiesgooi vir vroue (T54). Sy het ’n afstand van 17.90 m gegooi. Nigerië se Flora Ugwunwa het goud gewen én ’n nuwe wêreldrekord opgestel met ’n afstand van 20.25 m. Hania Aidi van Tunisië was tweede met ’n afstand van 18.88 m.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die gewigstoter Tyrone Pillay het Maandag nog ’n bronsmedalje vir SA ingepalm met ’n gooi van 13.91 m in die eindronde van die gewigstoot vir mans (F42). Aled Davies van Brittanje het goud gewen met ’n nuwe Paralimpiese rekord van 15.97 m, terwyl Iran se Sajad Mohammadian tweede was met ’n afstand van 14.31 m.
Ntando Mahlangu & Tyronne Pillay (Foto Instagram)
Lees ook: 14-jarige van SA wen ’n Paralimpiese medalje
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
1. Kevin Paul (100 m-borsslag vir mans) – Goud
2. Hilton Langenhoven (verspring vir mans) – Goud
3. Charl du Toit (100 m vir mans) – Goud
4. Fanie van der Merwe (100 m vir mans) – Silwer
5. Ilse Hayes (100 m vir vroue) – Silwer
6. Ntando Mahlangu (200 m vir mans) – Silwer
7. Tyrone Pillay (gewigstoot vir mans) – Brons
8. Zanele Situ (spiesgooi vir vroue) – Brons
9. Anruné Liebenberg (400 m vir vroue) – Silwer
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.