kategorieë: Gesondheid

Partytjiedier of drankprobleem?

Op hoeveel antwoord jy ‘ja’?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Het jy al ooit vir ’n week probeer ophou drink, maar kon net ’n paar dae volhou?
2. Wens jy mense wil ophou om jou oor jou drinkery voor te skryf?
3. Skep jou drinkery probleme by die huis?
4. Drink jy soms voor jy na ’n partytjie gaan om seker te maak dat jy genoeg drank kan kry?
5. Vertel jy vir jouself dat jy enige tyd kan ophou drink, hoewel jy gedurig dronk word?
6. Het jy al ooit gevoel dat jou lewe beter sou wees as jy nie gedrink het nie?
7. Maak jou drinkery jou soms laat vir werk of skool?
8. Is jou familie en vriende bekommerd oor jou drinkery?
9. Drink jy ooit ná jy vir jouself gesê het jy gaan nie drink nie?
10. Was jy al ooit in die moeilikheid weens jou drinkery?
11. Is jou drinkery besig om jou reputasie te skaad?
12. Voel jy bemagtig en meer in beheer as jy drink?
13. Dink jy jy het ’n drankprobleem?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Wees eerlik, want as jy op van hierdie vrae “ja” antwoord, kan jou drinkery besig wees om jou lewe oor te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom drink vroue al meer?

Stres
Volgens ’n meningspeiling onder 5 000 Britse vroue, voel vroue ontnugter en tot bree­k­punt gestres weens ons moderne lewenstyl. Vroue voel hulle het misluk as hulle nie ’n onverbeterlike huwelikslewe, voorbeeldige en talent­volle kinders en ’n suksesvolle beroep het nie. Maar in die proses om “alles te hê”, moet hulle nou “alles doen”. Boonop beoordeel die hedendaagse samelewing vroue net soveel op hul beroepsukses as hul betrokkenheid by hul kinders se opvoeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onvervuld
Dit lyk asof vroue hul visier on­realisties hoog stel, en teleurgesteld en on­ver­vuld voel as hulle misluk. Om nie te praat van die perfekte voorkoms en figuur wat in die media voorgehou word as die maatstaf vir geluk nie. Volgens die meningspeiling wend ses uit tien vroue hulle tot alkohol om van spanning ontslae te raak.

Ontspan
Drank is sosiaal aanvaarbaar en hierin kry baie vroue ’n manier om aan hul span­nings­volle lewe te ontsnap. Vroeër het net “los” meisies in kroeë sit en drink en was baie drink­plekke net vir mans. Nou is dit nie vreemd om ’n klomp vroue in ’n kroeg te sien kuier nie. Vroue trou later, kry later kinders en maak ge­noeg geld om onafhanklik te sosialiseer.

Ernstige trauma
Hormone en vroue se meer emosionele geaardheid kan hulle vatbaar-der maak om alkohol (of medikasie) as ’n kruk te gebruik ná ’n trauma, verduidelik ’n berader. “Iemand stop jou ’n drankie en ’n kalmeerpil in die hand om die begrafnis deur te sien. Sodra jy weer dink jy kan nie voortgaan nie, onthou jy hoe lig en onbetrokke dit jou laat voel het.”

Om aanvaar te word
Vroue en veral jong meisies is baie krities teenoor hulself wat weer tot ’n swak selfbeeld lei. “Is ek mooi genoeg, maer genoeg, suksesvol genoeg?” Ná ’n paar drankies maak dit nie meer soveel saak nie.

Ontwerpersdrankies en die glanswêreld van advertensies

Drankadvertensies het die nuwe sigaret­adver­tensies geword wat pret, geld en ’n glins­ter­lewe voorstel.

Die adverteerders fokus veral op jonger mense en spesifiek meisies, omdat dit tot dus­ver ’n onontginde mark was. Skoolseuns het nog altyd op bier dronk geword, maar daar was nooit veel op die mark om jong meisies te trek nie. Nuwe ontwerpersdrankies kom in verleidelike botteltjies en smaak nie veel anders as koeldrank nie. Dis verfrissend en kan byna net so vinnig soos ’n koeldrank gedrink word. Boonop lyk dit gesofistikeerd.

Shooters se primêre doel is om jou vinnig in ’n partytjiebui te kry. Klubs en uithangplekke maak van verkooptruuks gebruik om hul kliënte vinnig aan die drink te kry. Mooi jong meisies met min klere loop rond met skinkborde gratis shooters. Hierdie afskopdrankie kry mense gou in ’n partytjiebui en hierna bestel almal vinniger.

Is jy ’n martelaar?

Sheryl Rahme, bestuurder van The Asiboni Mbala Drug and Recovery Centre in Rivonia, sê sy het self amper in die alkoholstrik verstrengel ge­raak. “Ek was mal oor die mag wat alkohol my gegee het. En ek het selfvertroue gehad. Alko­­hol het my persoonlikheid gedefinieer; ek het koket­terig en uitgesproke geraak. Ek was die een wat almal wou ken,” sê Sheryl van die tyd toe alkohol haar soos ’n mot om ’n kers laat draai het.

Hoewel sy nooit die punt be­reik het waar sy die onsigbare lyn tussen kwaai drink en alkoholisme oorgesteek het nie, weet sy hoe na sy daaraan was.

“My broer en suster was verslaafdes en ná my mansvriend selfmoord gepleeg het, het ek besef dat as ek weer een drankie drink, dit my manier gaan word om die trauma te hanteer.” Sy het summier op die waterkar geklim.

“Vroue begin soms drink om ’n krisis te hanteer en kan dan nie ophou nie. Ons hormone en emo­sies maak ons vatbaarder om alko­­hol as ’n verskoning te gebruik.”

By die rehabilitasiesentrum word eers aandag gegee aan verslaafdes se chemiese afhanklikheid en daarna word na die emosio­nele oorsake vir die verslawing gekyk. “Dit ís so dat vroue baie onder druk is weens die eise wat die samelewing aan ons stel, maar vroue is ook gebore martelaars. Hulle wil te veel doen en weet nie wanneer om hokaai te roep nie. Ons is mal daaroor om die slagoffer te wees.”

Sheryl wil hê vroue moet leer om nee te sê vir onredelike eise by die werk en huis en ook leer om maniere te kry om hul emosies beter te verwoord. “Vroue gee nie altyd aandag aan die ware kwessies in hul lewe nie en drink liewer ’n drankie of twee om die frustrasie of skuld­gevoelens te verdoof.”

Wees eerlik met jouself

Hoewel ’n paar drankies by ’n partytjie prettig is en goeie wyn saam met kos onverbeterlik, wil dit lyk of die moderne lewenstyl en druk op vroue ons maklik kwetsbaar kan maak vir ’n veel groter drankprobleem.

Hoewel “dronk-op-die-straathoek” aan die ander punt van die skaal is, vertel beraders van suksesvolle sake­v­roue in ontwerperklere en duur motors wat kom hulp soek omdat drank soos ’n stil virus besig is om hul lewe oor te neem.
Wees ’n slag eerlik met jouself en maak seker dat jý die een is wat in beheer van jou lewe is.

Kry maniere om sonder alkohol van spanning en frustrasies ontslae te raak. Anali­seer die tye wanneer jy te veel drink en pro­beer uit­werk hoekom jy juis dán te veel drink. Beplan vooraf wat jy gaan doen as dit weer gebeur.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.