kategorieë: Reis

Partytjietyd

Die dramatiese Protea Hotel Fire and Ice! Menlyn het sy deure in April 2015 oopgegooi. Stap gerus binne as jy ’n bok is vir sports – die kreatiewe kuierhoekies, verbeeldingryke ete en drinke en DJ-klanke drie aande van die week sal jou energievlak onmiddellik ’n hupstoot gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nes die Fire and Ice!-hotelle in Johannesburg en Kaapstad, is die hotel digby die N1 Noord-snelweg ’n lus vir die speelse oog. Jy kan skaars die 450 ellipse van swewende lig in die eetkamer miskyk, en die 17 m lange Chesterfield-bank en stoele met ’n cowgirl-silhoeët is maar enkele van die dekor-elemente wat jou aandag trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die “outdoor living room” langs die treffende lang, smal swembad is ’n verrassing. Dis soos ’n binnenshuise vertrek ingerig – kompleet met sagte beligting, spieëls, vuurherde en glasdeure – maar as jy opkyk, sien jy die gespande seil-ontwerp teen die aandlug en die motorligte op die snelweg streep by jou verby. Jy kan jou verkyk aan die interessante versameling tafeltjies waarop jy jou drankies (of in sommige gevalle jou voete) kan neersit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ’n koue Saterdagaand dreun dit soos daar in die eetkamer gekuier word. Die gourmet-hamburgers, grootmens-melkskommels met of sonder skop en ander geregte seil op skinkborde by jou verby. ’n Nuwe toevoeging tot die spyskaart is gourmet-pizzas, glo tot ’n halwe meter lank. Die eetkamer het ’n “gemeenskapstafel” waar jy ander gaste kan raakloop en ’n potjie knots and crosses kan speel. Dis nou as jy nie reeds goeie vriende geraak het met iemand langs jou op ’n lang bank nie.

Neem jy die hysbak kamer toe – nadat jy jou verstom het aan die graffiti wat kwistig in die hotel gebruik is – is jou eerste gedagte dat die dubbelglasvensters ’n geniale ingewing was. Die onophoudelike verkeer op die snelweg suis net ligweg in die agtergrond en die gordyne is dig genoeg om die dagbreek uit jou moeë oë te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Al wat oorbly, is om jou tuis te maak. Daar is ’n kluis groot genoeg vir jou skootrekenaar, ’n platskerm-TV met 20 kanale, koffie- en teegeriewe, ’n yskassie vir ingeval, die nodige badkamergeriewe, en ’n bed met ’n hoë kwaliteitmatras. Die ruimte is funksioneel en met oorleg benut, en die skoon lyne en hoekige vlakke van verskillende teksture maak die rustige vertrek interessant.

Die buffetontbyt, wat jy in die eetkamer of langs die swembad kan geniet, is ’n rojale affêre. Jy kan kies uit die voorspelbare gange – van graankos tot koue vleis of ’n Engelse onbyt – maar jy kan ook jou soettand sy sin gee. Doughnuts met ’n sjokoladebolaag, wortelkoek of sjokoladekoek vir iemand?


Die Protea Hotel Fire and Ice! Menlyn

Is binne stapafstand van die Menlynpark winkelsentrum

Op die N1 Noord op die Garsfontein-afrit geleë

Het ’n gimnasium wat gaste tussen 6.00 en 22.00 kan gebruik

Bied gratis, veilige parkering

Bied grenslose Wifi in alle openbare vertrekke

Het uitgebreide konferensiefasiliteite

Foto’s Gerhard Büchner

Meer inligting en spesiale aanbiedings by www.proteahotels.com/fire-and-ice/Pages/protea-hotel-fire-ice-menlyn.aspx

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.