Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 300 g baba-stingeltamaties
- 200 g gemengde tamaties, soos geel en Rosa-tamaties
- 10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie
- 500 ml (2 k) gaar pêrelgort
- 1 klein rooi ui, baie fyn gekap
- 60 ml (¼ k) pistasieneute
- ½ rooi soetrissie, fyn gekap
- ’n hand vol dadels, ontpit en gekap
- ’n klein hand vol pietersielie, koljander en kruisement, gekap
Sitrusslaaisous
- Meng 10 ml (2 t) mosterd,
- 10 ml (2 t) heuning,
- 10 ml (2 t) suurlemoensap,
- 15 ml (1 e) avokado- of olyfolie,
- 60 ml (¼ k) lemoensap en geur met gemaalde peper
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Sit die tamaties op ’n bakplaat en sprinkel die olyfolie oor. Rooster vir 10-15 min. in die warm oond tot die tamaties uitswel.
- Meng die pêrelgort, ui, pistasieneute, soetrissie, dadels en kruie.
- Gooi die sitrussous oor en meng goed deur. Voeg die geroosterde tamaties by.
