Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 8 ryp pers pruime
• 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
• 125 ml (1/2 k) botter
• 200 g ricotta
• ’n handjievol pistasieneute
• granaatpitte om te versier
• kruisementblare
• 125 ml (1/2 k) gedroogde bosbessies
• 1 vanieljepeul
• 250 ml (1 k) brandewyn
• 4 steranys
• 8 naeltjies
• 2 rooi brandrissies
• 8 kardamompeule
• 4 heel piment (all spice)
• 2 kaneelstokkies (gebreek)
• 15 ml (1 e) koljandersade
• 5 ml (1 t) komynsaad
• 2,5 ml (½ t) sumac
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1. Voeg al die speserye in ’n swaarboompan, kook tot geurig. Haal uit die pan en sit die helfte van die speserye in ’n speserymaler, maal fyn en sif. Hou die ander helfte van die speserye heel.
2. Smelt die botter in dieselfde pan en voeg die bruinsuiker by. Voeg al die speserye by, heel en gemaal, sodra die suiker gesmelt het. Prut en voeg die pruime by. Laat dit stadig kook, roer nou en dan.
3. Voeg die brandewyn, bosbessies en vanieljepeul by en roer. Prut vir 5-10 min. Verwyder van die hitte.
4. Laat staan vir ’n paar uur sodat die geure kan ontwikkel.
5. Plaas die pruime in ’n oondbak, krummel die ricotta bo-op. Plaas onder die roosterelement van die oond vir 10 min.
6. Strooi met pistasieneute, granaatpitte en kruiementblare.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Proenotas
• Rosyntjies, gedroogde pruimedante en ’n subtiele karakter van port op die neus, gevolg deur okkerneute, speserye en ’n tikkie eikehout op die palet. ’n Ryk en dekadente brandewyn.
Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…
Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…
Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…
Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika- …
Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…
Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.