Genoeg vir 4
Bestanddele
Lemoen-slaaisous
- 30 ml (2 e) witwyn asyn
- fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen
- fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 5 ml (1 t) korrel mosterd
- 15 ml (1 e) heuning
- 45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol baba-spinasie en bronkorsblare
- 4 perskes, in wiggies gesny
- 12 snytjies parmaham
- 1 x 250 g-houer bocconcini-mozzarella, in stukke gebreek
- 1 x 100 g-pakkie dennepitte, gerooster
Metode
- Slaaisous: Meng die asyn, lemoenskil en -sap, suurlemoenskil en -sap, knoffel, mosterd, heuning en olie. Geur na smaak.
- Pak die blare, perske, parmaham en bocconcini uit op ’n bord.
- Strooi die dennepitte oor en sit met die lemoenslaaisous voor.
