kategorieë: GebakKos

Petite Charlotte

Deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  1. Maak een hoeveelheid van die basiese sponskoekresep.
  2. Spuit 2 rolkoekpanne met kleefwerende kossproei. Verdeel die koek-beslag daarin en bak vir 12 min. of tot gaar.
  3. Laat afkoel en sny 24 sirkels met ’n deursnee van 7 cm uit die koek.
  4. Maak die basiese bakkersvla (resep onder).
  5. Voer twaalf 6 cm- losboomkoekpannetjies met twaalf koeksirkels uit.
  6. Vul tot byna bo met die bakkersvla en sit ’n koeksirkel bo-op.
  7. Laat set in die yskas. Sny intussen 36 vingerkoekies middeldeur.
  8. Haal een charlotte op ’n slag uit die pannetjies en pak die vingerkoekies in ’n ring daarom (die vla sal dit laat plak).
  9. Bind ’n lint om om die koekie stewig te hou.
  10. Vul die bokant met nog ’n bietjie bakkersvla en vars frambose.

Basiese bakkersvla (crème pâtissière)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 500 ml

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 40 g koekmeel
  • 120 g suiker
  • 300 ml melk
  • 4 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 20 g botter
  1. Sif die meel en suiker saam en hou eenkant.
  2. Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad.
  3. Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook.
  4. Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed.
  5. Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand.
  6. Gooi die vanieljegeursel by en roer goed.
  7. Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie.
  8. Laat afkoel en hou in die yskas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: recipes

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.