kategorieë: Gesondheid

Pienk of blou? Kies jou baba se geslag!

Kies jou baba se geslag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Vrugbaarheidspesialis kan help. “Hoewel daar ’n klein vraag na ’n spesifieke geslag is, is daar tog ouers wat dit versoek,” sê dr. Johan van Rensburg by Med Fem in Sandton. “Die meeste versoeke kom van mense wat in ’n tweede huwelik is en reeds twee kinders van ’n ander geslag het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige metodes is suksesvoller as ander, maar die meeste ouers is filosofies as hulle nie kry wat “bestel” is nie, en is net so dankbaar vir ’n gesonde baba.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat bepaal ’n baba se geslag?

Deur die geskiedenis het vroue dit hotagter gekry as daar nie ’n kroonprins of naam-draer was nie. Tog het ’n vrou geen beheer oor die geslag van die baba nie. Die voorreg lê veilig opgesluit in die man se sperm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is dit eties?

“Ons is tevrede as ons met gewone metodes die kanse kan verhoog om ouers die geleentheid te bied om hul gesin te balanseer,” sê dr. Van Rensburg. “Tog sal ons nooit toelaat dat ’n gesonde baba geaborteer word net omdat dit die ‘verkeerde’ geslag is nie.” Op 14 – 16 weke kan ’n sonar die baba se geslag akkuraat bepaal.

Die teorie

Manlike sperm is gewoonlik kleiner en vinniger en daar word geglo dat hulle die baarmoeder eerste sal bereik. Vroulike sperm is groter, swaarder en stadiger, maar kan langer oorleef. indien gemeenskap nÁ ovulasie plaasvind, behoort die manlike sperm teoreties eerste by die eiersel uit te kom en ’n seuntjie sal gebore word. As die eiersel eers ná gemeenskap vrygestel word, sal die manlike sperm nie lank genoeg oorleef nie en sal dit die vroulike sperm wees wat springlewendig en oorgehaal by die eiersel aankom en ’n dogtertjie sal die gevolg wees.

Kies ’n plan

Plan A Op dag twaalf in jou menstruele siklus (jy begin op dag een menstrueer) doen die dokter ’n sonar om te sien of die eierstokke reg is om te ovuleer. Ovulasie is gewoonlik op dag 14. Dan kry die vrou ’n inspuiting wat sorg dat haar liggaam die eiersel presies 36 uur later vrylaat. Die spesialis kan die paartjie dan raad gee oor presies wanneer hulle gemeenskap moet hê om seker te maak dat die regte sperm vir bevrugting beskikbaar is. Hierdie metode is so 65% suksesvol.

Plan B Omdat die manlike sperm kleiner is, kan die sperm in ’n laboratorium geskei word en dan saam met Plan A gebruik word om die vrou te insemineer met die regte, uitverkore sperm. By sommige mans se sperm is die verskil in grootte duideliker en dis makliker om die twee te skei. Soms is die verskil nie so opvallend nie. As dit met Plan A gekombineer word, is die sukseskoers 80% – 85%. Tog wil dit ook voorkom asof sommige mans sterker sperm vir een geslag het en dat die vrou nie swanger word as die situasie gemanipuleer word nie.

Plan C Genetiese toetsing is die enigste manier waarmee die geslag van ’n embrio met algehele sekerheid vasgestel kan word. Hier word eierselle in vitro (dus buite die liggaam) met sperm bevrug, en die embrio dan vir genetiese siektes ondersoek. Dit verklap ook die geslag van die baba. Siektes soos hemofilie (bloeiersiekte) is geneties en ook aan geslag gekoppel. Dogters is draers en seuns lyers. Dus kan vroulike embrio’s in die baarmoeder ingeplant word om te verseker dat die baba nie ’n lyer gaan wees nie.

Nuwe wetgewing Hoewel hierdie toetse voorheen ook gebruik is om ’n baba se geslag te verseker, het Suid-Afrikaanse wetgewing twintig maande gelede verander en nou mag genetiese toetse net om mediese redes gedoen word.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.