kategorieë: Blogs

Plaaskind in Korea

Hierdie plaaskind van Afrika is nou al ‘n volle 49 dae in Suid-Korea. Hierdie was by verre een van die waansinnigste maar tog ook opwindendste dinge wat ek nog gedoen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir almal wat my nie ken nie: ek is volgens Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake Martha Magdalena Olivier. My naam is eintlik Chantell, my man noem my Krappie, my gesin Ousus, my een ouma noem my soms Martha V (ek is immers die vyfde agtereenvolgende Martha in ‘n rits sterk boervrouens) of Chandelore. Hier in Suid-Korea is ek al alles genoem van Olivier, Chantell Teacher tot sommer net Chantell.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het nog altyd hierdie brandende begeerte in my om oor die volgende randjie te kan sien of om met ‘n ander stel oë na die wereld te kyk. Hierdie onuitblusbare nuuskierigheid het my al menigmaal in warm water laat beland, maar ek is seker hierdie bloginskrywings sal genoeg tyd vir ons gee om daaroor ook te gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die lang en die kort van die storie is dat ek onder die Tweeling-sterreteken gebore is. Dit maak my meer geneig om met tye onvergenoegd (of kleurryk) oor dinge en situasies te voel, maar op 14 April 2012 het my gesondheid ‘n groot knou gekry. Ek het my lewe as ‘n jong professionele persoon in oënskou geneem en ‘n lang pad gestap om vry te breek van alles wat so spanningsvol in my lewe was.

Ek het eenvoudig geweet dat ek een van my vele liewe, lawwe drome moet beginne volg of ek gaan die korporatiewe leer bly klim en vasgevang word in hierdie maalmeul van ‘n gejaag na geld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aanvanklik wou ek net iewers in Tibet, in ‘n abdy, ‘n pos as hooftee-aandraer aanvaar. Maar ongelukkig moet die Tweeling-kind ook kos op die tafel sit en om net tee aan te dra sal dalk voordelig vir die siel wees, maar nie soseer vir die bankbestuurder nie. Ek’t verskeie opsies oorweeg maar een ding was seker, ek wou myself sover in die vreemde inkry as moontlik. Ek wou my eie emosionele en geestelike beperkinge op die proef stel.

Na verskeie Skype-geselsies met byna elke liewe persoon wat ek ken wat tans oorsee is, het ek op Suid-Korea besluit. Ek sou ‘n skaflike salaris verdien, hopelik ‘n paar buffels in my FNB rekening kon spaar, en vreemde disse en aweregse mense en sienswyses teëkom. Buiten vir die knaende verlange huis toe na manlief, my ouers en my oumas, was dit mos ‘n maklike besluit om te maak.

So gesê en so gedaan. Ses maande later en na ure en ure op die internet besig om al wat ‘n blog of artikel oor Suid-Korea is te verslind, was ek uiteindelik op pad na die land van skrefiesoë, Samsung en kimchi.

My koebaais was gesê, alles gepak, my man met instruksies gelos oor wat om saam te bring as hy kom kuier, die nuwe huishulp goed opgelei sodat sy darem na my man kan omsien, lang trane gehuil en net toe my sinusse opgeklaar het, is daar weer gehuil. So is ons toe vort lughawe toe.

Bel so ewe vir oulaas my ma net vir daai ekstra emosionele hupstootjie. Ek en my man neem ‘n sware afskeid en daar gaan hierdie langbeenkind van die Wes-Transvaal deur die doeane. Immigrasie druk die stempel ekstra hard in my paspoort as ‘n finale simbool van afskeid.

Maar dit was nie lank nie, toe dink ek dit mos goed om dalk tog maar ‘n Afrika-kurio en Amarula vir die klomp Koreaanse onderwysers aan te skaf. Met die nuwe kopie stap ek doodluiters voort na die Qatar-wagarea, onbewus daarvan dat beide my identiteitsboekie en paspoort iewers tussen Amarula en bekraalde draaddiertjies uitgeval het. Ek kan nou nie spog dat ek die hele lughawe tot ‘n stilstand geroep het nie, maar ek het wel die Qatar en ACSA-persoon in ‘n “flat spin” gehad soos my ma sal sê. Wat ‘n debakel.

So verpas ek my vlug. My identiteitsboekie het steeds voete – heelwaarskynlik toe reeds onderweg na Nigerië of een of ander godverlate land. My paspoort het sy weg teruggevind en so moes ek met bloedbelope oë weer die pad na Pretoria aandurf. (As jy nou ‘n liedjie van die Briels wil speel, is jy welkom).

Twee dae later en daar vlieg ek weer. Die ACSA sowel as Qatar-personeel onthou my gesiggie en maak seker hulle hou ‘n wakende ogie oor my en my handbagasie.

I kid you not – hierdie goed gebeur werklikwaar met mense. Heel waarskynlik meer met verstrooide, te bedagsame mense soos ek maar nietemin. Ek is een van die min mense wat op dieselfde dag uit Suid-Afrika en toe 2 ure later weer terug in Suid-Afrika gestempel is.

Ek sien geweldig uit daarna om julle deel te maak van my reise en hoop ons kon nog lekker saam gesels. Los gerus ‘n boodskappie hieronder en gesels saam.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.