kategorieë: TrendsMode

Plooie is terug!

Daar is die 3 verskillende plooie waarvoor jy hierdie seisoen moet uikyk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Die trekklavier-plooi

Hierdie tipe plooi lyk soos die blaasbalk van ’n trekklavier. Die plooitjies is smal en maak ’n zigzag-patroon wat boontoe kyk. Dit word ook Sunburst-plooie genoem. Die trekklavier-plooi is die gewildste tipe plooi vir die seisoen. Dra so ’n geplooide romp met ’n t-hemp vir ’n informele voorkoms. ’n Metaalkleurige geplooide romp in die afwerking is veral modieus!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Die kristal-plooi

As ’n mens vinnig kyk, lyk die kristal-plooi presies soos die trekklavier-plooi, maar dit is nietemin verskillend. Die plooie is baie fyn en skerp, en dit lê plat (anders as die trekklavier-plooi wat boontoe kyk). Die plooie oorvleuel mekaar ’n bietjie – amper soos vertikale blindings. ’n Mens sien hierdie plooie ook dikwels in mans se tuxedo-hempde.

3 Die boks-plooi

Hierdie plooi is wyd gevou om ’n plat area aan die bokant te vorm. Dit kan gebruik word as ’n enkel plooi (bv. aan die agterkant van ’n hemp), of as ’n reeks plooie (soos die van ’n Cheerleader). Die boks-plooi is ’n uitstekende afwerking om ’n hemp meer vroulik te laat lyk, maar dit gee ’n romp ook ’n meer deftige gevoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.