kategorieë: Bekendes

Ferdinand Rabie bring baanbreker wedloop na SA

Vertel ons meer oor die Fisherman’s Friend StrongmanRun

Die Fisherman’s Friend StrongmanRun is ’n unieke, asemrowende sportbyeenkoms wat die grootste van sy soort is. Die eerste Fisherman’s Friend StrongmanRun het in Februarie 2007 in Duitsland plaasgevind en het van daar af deurlopend gegroei en na ander lande soos Switserland, Frankryk, België, Holland, Italië, Oostenryk en Luxemburg versprei. Hierdie jaar is die eerste keer wat dit buite Europa aangebied word. So ook is dit die eerste een wat in Suid-Afrika gehou gaan word!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wedloop gaan daaroor om saam met familie, kollegas en vriende pret te hê. Dis nie ’n wedloop waar jy boomstompe moet ronddra nie en dit gaan ook nie oor of jy wen of verloor nie. Dit gaan oor hindernisse in jou pad wat jy moet oorkom: water, modder en baie skuim. Jy het 3 ure om die 8 km te voltooi, 4 ure vir die 14 km en 5 ure vir die 21 km, so dit is vir enigiemand al is jy nie fiks nie! Vir diegene wat nie swem nie, is daar alternatiewe dinge om te doen, maar dis ’n verrassing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het in Europa aan ’n Fisherman’s Friend-wedloop deelgeneem. Hoe het jy dit ervaar?

Dit was die beste event van my lewe en ek is só bly dat ek deel daarvan kon wees. Daar was 14 000 deelnemers en 40 000 ondersteuners, wat beslis vir ’n goeie gees gesorg het! Die Vrydagaand het so 5 000 deelnemers ingeskryf en saam gekuier om moed te skep vir die volgende dag. Daar was ook die volgende aand ’n onvergeetlike partytjie met almal wat tydens die wedloop vriende gemaak het. Ek het vyf Suid-Afrikaners ontmoet en ons was daar in ons Suid-Afrikaanse vlae met trots, soos altyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe het dit gebeur dat jy die geleentheid gekry het om dié resies na Suid-Afrika te bring?

Clippa Sales, verspreiders van Fisherman’s Friend, het my in 2014 gekontak om toere en hotelle in Suid-Afrika te bespreek. Nadat ek te wete gekom het dat dit vir dié wedloop was, het hulle my 24-uur gegee om ’n voorlegging vir die kontrak te doen. Ek sou dit nie kon regkry sonder die ondersteuning van Dr. Lourens en die Paarl se besigheidskamer nie. Ek het destyds gevra dat hulle my in die Paarl moes ontmoet en dit was eers nadat ons almal op Paarl Rock bymekaargekom het, wat ek geweet het dat Ferdinand’s Tours dit in die sakkie het!

Waarom het julle op Paarl besluit as die venue vir die resies?

Daar is nie ’n mooier dorp as Paarl nie. Sy ligging, Paarl Rock, die Berg Rivier, die pragtige dorp se ou huise en natuurlik die wingerde maak dit perfek. Dit is ook geskik want die Suid-Afrikaanse weergawe van die Fisherman’s StrongmanRun het baie meer natuurlike hindernisse as van die ander wedlope in Europa.

Hoekom, sal jy sê, moet Suid-Afrikaners hinderniswedlope as ’n sport oorweeg?

Dis baie pret! En vir families, vriende en korporatiewe besighede is dit ’n wonderlike event om aan deel te neem vir spanbou en gees. Dit begin ook later as ander wedlope so die deelnemers kan rustig opstaan ná Vrydagaand se konsert met Prime Circle en Richard Stirton. So, in kort, is dit ’n naweek van pret en dien dit as ’n wegbreek van jou daaglikse roetine.

Wat hoop jy om deur dié resies te bereik?

Ek hoop om 5 000 deelnemers met die grootste glimlagte op hul gesigte te sien. Almal moet sê: ‘Wow wat ’n asemrowende naweek saam met vriende, familie en duisende ondersteuners wat dit saam geniet het’.

Is daar sekere fiksheid- of gesondheidvereistes waaraan deelnemers moet voldoen?

Dit is nie kompeterend nie, dus behoort enigiemand bó 14 die 8 km-baan te kan doen. Die mooiste roetes is natuurlik die 14 km en 21 km. Ek het in Duitsland die 14 km in 2h20 gedoen en meer geloop en lag as gehardloop, want jy sien baie snaakse deelnemers op die roete. Jy het 4 ure om die 14 km te doen en 5 ure om 21 km te doen so dit is gee jou meer as genoeg tyd. As jy elke afstand stap, sal jy dit kan maak.

Wat is jou raad vir voornemende deelnemers?

Die hooffokus is om ’n goeie tyd te hê, dus beveel ek aan dat deelnemers so snaaks as moontlik aantrek! Hou ook ons Facebook-blad dop vir meer inligting. Al die inligting is ook op ons webwerf beskikbaar, saam met ’n oefenprogram vir dié wat dit ernstig opvat.

*Die Fisherman’s Friend StrongmanRun vind op 1 Oktober plaas.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.