kategorieë: Ontspanning

Plus-grootte modelle ’n eerste vir Modeweek

Ashley Graham het tydens dié modeweek ’n baanbreker-vertoning gehou waartydens sy haar nuwe reeks van plus-grootte onderklere vir die Kanadese handelsmerk, Addition Elle, bekendgestel het. Vir die vertoning het sy van plus-grootte modelle gebruik gemaak om haar ontwerpe te dra terwyl sy self ook vir ’n paar kledingstukke haar lyf model gehou het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die reeks, genaamd Black Orchid, beskik oor verskeie swart, blou en pers bra’s, korsette en ander vorme van onderklere waarvan alles spesifiek ontwerp is om groter vroue se kurwes te aksentueer. Sommige van die modelle het pelse of serpe om hulle skouers gedrapeer terwyl ander weer somerrokke, bloese, rompe en suede baadjies gedra het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoewel dié plus-grootte modelle by die vertoning ’n eerste in mode-geskiedenis is, het elke vrou met absolute selfvertroue die loopplank aangepak. Die gehoor was ook aangemoedig om die hutsmerk, #IAmSizeSexy, op sosiale media te gebruik om sodoende diversiteit te bevorder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die veldtog is soortgelyk aan Graham se #PlusIsEqual-veldtog, wat sy in samewerking met die handelsmerk, Lane Bryant, behartig.

Graham is geen vreemdeling vir baanbreker modelwerk nie. Sy is die eerste plus-grootte model wat in ’n Sports Illustrated Swemklere-uitgawe gebruik is en sy was in 2012 as die Voller Figuur Modeweek Model van die Jaar aangewys. Sy het ook in verskeie advertensieveldtogte vir plus-grootte klerereekse verskyn en sy was op MTV se Made te sien waartydens sy ’n jong, aspirant, plus-grootte model se afrigter was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volg Ashley gerus op Twitter, Instagram en Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.