kategorieë: GebakKos

Prettige teeblommetjies

250 g (280 ml) koue botter, in blokkies gesny
90 ml (6 e) versiersuiker
600 ml (315 g) meel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Versiersuiker
125 ml (½ k) versiersuiker
15 ml (1 e) suurlemoensap voedselkleursel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Sif die meel en die versiersuiker saam. Sit saam met die botter in die voedselverwerker. Verwerk tot die bestanddele aan mekaar begin kleef.
2. Keer op ’n skoon werkvlak uit en bring bymekaar tot twee deegballe gevorm het. Druk dit effens plat, bedek met kleefpapier en verkoel in die yskas.
3. Sit die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak en rol dit ±3 mm dik uit. Druk die koekies met ’n blommetjie-koekiedrukker uit. Sit op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat vir ±10 min. in die yskas rus.
4. Bak vir ±8 – 10 min. of tot goudbruin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versiering
Meng intussen die versiersuiker en suurlemoensap en voeg ’n paar druppels voedselkleursel by. Skep die versiersuiker in ’n spuitsak met ’n baie dun ystertuit. Jy kan ook ’n plastieksakkie gebruik en die hoek met ’n skêr afknip. Versier deur blompatrone op die koekies te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.