kategorieë: Reis

Protea Hotel Ranch Resort, Polokwane

Naam:
Karyn Harrison

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Waar ons was:
4-ster Protea Hotel Ranch Resort

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging:
Geleë in ‘n 1000 ha natuurreservaat 25 km suid van Polokwane

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tariewe:
www.theranch.co.za of 015 290 5000

Spesiale aanbod:
R725 per kamer per nag van 1 Desember 2012 tot 31 Jan 2013 ( minimum 2 nagverblyf) en 10% afslag op ontspanningsaktiwiteite. Meer inligting by www.theranch.co.za of 015 290 5000.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer:
Ontspanne en gesinsgerig

Wie almal daar was:
Ek, my man en ons dogter van16

Wanneer:
28-30 September 2012

Waar ons oorgeslaap het:
In ‘n ruim dubbelkamer met en-suite bad en stort, lugver-sorging, TV, kluis, tee- en koffiestasie en bottel wyn om ons welkom te heet.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die vriendelike, goedopgeleide personeel en die uitstekende kos.

Wat het my gefassineer:
Die hotel is die afgelope 52 jaar in die besit en onder die bestuur van die Shearer-familie. Van die personeellede kom al jare saam. Afgesien van wildbesigtiging, is die leeus ‘n reuse aantrekkingskrag – speel met die welpies en “stap met die leeus”.

Die ene genot

Dit was ‘n salig ontspanne naweek – die tuine is lieflik, veral die roostuin! Die vier swembaddens, waarvan twee verhit is, herinner aan ‘n toneel in Mauritius. My lang swemsessie in die verhitte swembad het my goed gedoen. Ons is op die een en ‘n halfuur lange wildsrit met ‘n goed ingeligte gids. Die leeus is in verskillende kampe, en hulle is mak! Ons het die kans gekry om met vier maande-oue welpies te speel. Ek sou dolgraag meer tyd saam met hulle wou deurgebring het. Daar is pragtige wit leeus en ons het ook die hiena-kamp besoek.

Voor aandete het ons iets in die gesellige kroeg gaan drink. Aandete was ‘n besondere ervaring in die fynkosrestaurant, Basil’s. Ons lamskenkel en filet was verruklik, maar wees gewaarsku – die porsies is ruim! Ons ontbyt in The Buttery was so groot dat ek nie eens kon dink aan middagete nie. Ons het egter onder die bome op die dek sit en tee drink terwyl ons die mooi tuin geniet. Daar is ook ‘n landingstrook, gholfbaan en pro shop, tennisbane, gimnasium, konferensie- en troufasiliteite, wildsritte, uitstappies met die leeus en perdritte.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.