Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotographic.co.za
Genoeg vir 2 middagetes
Die pesto kan vir tot ’n week in die yskas gebêre word.
Bestanddele
Spesery geroosterde groente
- 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
- 1 t (5 ml) komyn
- 1 t (5 ml) vinkelsaadjies
- 1 t (5 ml) koljandersaad
- ½ t (2,5 ml) gerookte paprika
- ½ k (125 ml) olyfolie
- 1 groot patat, skoongeskrop en in blokke opgesny
- 6-8 babawortels
- 3 rooi-uie, in kwarte gesny
- 1 blomkool en 1 broccoli, in blommetjies gesny
- 3 e (45 ml) olyfolie
- 400 g haloumi, in 3 cm-blokke gesny
- ¼ k (60 ml) elk pampoensaad, sonneblomsaad en gevlokte amandels
Metode
Spesery geroosterde groente
- Verhit die oond tot 200 ˚C.
- Meng die knoffel, komyn, vinkel, koljander, gerookte paprika en olyfolie in ’n groot mengbak.
- Voeg die groente by die spesery-olie, meng goed en skep in ’n groot oondpan.
- Rooster die groente vir 30-40 min, of tot gaar. Voeg die haloumi en saadjies by as daar 10 min. van die roostertyd oor is.
- Haal uit en laat afkoel voordat jy dit vir die week in ’n digsluitende houer bêre.
Quinoa-groentebakkie en broccoli-pesto
- Verwerk 1 k (250 ml) gestoomde broccoliblommetjies, ’n hand vol vars basiliekruid, 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel, ½ k (125 ml) olyfolie en ½ k (125 ml) kasjoeneute in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en swartpeper.
- Meng 1 k (250 ml) gaar quinoa met 1 k van die geroosterde groente (*sien resep bo).
- Skep dit in 2 kosblikke met ’n skeppie broccoli-pesto en ’n geposjeerde of saggekookte eier.

