kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Raad om ’n studente-motor te koop

Raad om ’n studente-motor te koop deur Anet Schoeman. Foto’s: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nuben Dixon, bedryfshoof by Gumtree Auto, gee ’n paar wenke vir ouers en studente wat na ’n gebruikte motor op soek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Is dit nodig?

Het jy werklik ’n voertuig nodig? Stel eers ondersoek in na plaaslike bus- en treinopsies, sowel as dienste soos Uber of saamry-klubs . En wees realisties as jy openbare vervoer met die koste van ’n motor vergelyk. Neem die slytasie, versekering en dienste van ’n voertuig in ag. Boonop is parkering op kampusse gewoonlik ’n probleem.

Lees ook: 17 dinge waarna jy moet kyk wanneer jy ’n kar koop

Raad om ’n studente-motor te koop

2. Wat is jou begroting?

Wees realisties oor hoeveel jy kan bestee. Koop met jou kop en nie jou hart nie. Reken ook die koste van versekering, onderhoud, brandstof en registrasie by die prys in. Soek landwyd – vervoerkoste om die motor by jou te kry kan veel minder as die algehele besparing wees.

Lees ook: Voordat jy ’n nuwe kar koop moet jy eers hieroor dink

3. Is dit die beste wat jy kan bekostig?

Koop die beste wat jy kan bekostig. Koop liewer ’n betroubare voertuig met minder weelde as andersom. Jou selfoon kan instaan vir navigasie sowel as ’n klankstelsel.

Lees ook: Kry meer uit jou brandstoftenk

4. Onthou om te dink aan sekuriteit

Studentemotors staan selde snags in toesluitgarages, en word bedags parkeer op plekke waar diefstal ’n risiko is. Bly weg van allooiwiele en duur klanktoerusting om die kans op diefstal te verminder. Moenie goed in jou voertuig laat rondlê nie. Belê in ’n rathefboom- of stuurwielslot as jou voertuig nie goeie sekuriteit het nie.

Lees ook: Pasop vir seinblokkers!

Raad om ’n studente-motor te koop

5. Betroubaarheid is die belangrikste ding

Betroubaarheid staan bo-aan jou lysie. Gaan die diensgeskiedenis na en vra die huidige eienaar uit oor probleme. Dis ideaal as jy die voertuig by ’n bekende kan koop wat oop kaarte met jou kan speel.

Lees ook: Ken jou wegsleepregte!

6. Bly veilig op die paaie!

Veiligheid kom eerste. Gaan die remme, skokbrekers, ligte, spieëltjies en ruitveërs deeglik na. Begroot om moontlik die bande te vervang.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.