As jy die basiese beginsels van beleggings verstaan, kan jy vir jou ’n portefeulje bou wat veilig is, ’n inkomste gee en groei. Waar begin jy? Charlene Prinsloo, hoof van welstandbestuur by Alpha Wealth, gee raad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die eenvoudige antwoord is om vir jou toekoms te voorsien. In onsekere tye soos vandag s’n is ’n inkomste (werk) nie ’n gegewe nie. Deur jou geld te belê en te spaar, verseker jy dat jy jou lewenstandaard kan volhou – voor en ná aftrede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hoe vroeër, hoe beter. Beleggings gaan oor hoeveel tyd jou geld in die mark lê – saamgestelde opbrengste wat jy in een jaar verdien oor soveel jare as moontlik.
Die mark het oor die afgelope dekade ontwikkel en gevolglik het beleggingsgeleenthede meer toeganklik geword. Besluit eers watter deel van jou begroting wel beskikbaar is om te kan belê. As jy weet hoeveel geld beskikbaar is, sal dit jou ’n idee gee na watter opsies jy kan kyk. Sekere finansiële produkte het ’n beleggingsminimum.
Dit hang van jou beleggingsdoelwit af. Dit is baie belangrik dat jy die onderliggende doelwitte (waarom jy wil belê en wat jy uiteindelik wil bereik), die tyd wat jy het om jou geld in beleggings te hou, en jou risikoprofiel in ag neem. ’n Finansiële adviseur kan jou help om hierdie drie kernaspekte te ontrafel en jou lei om ’n gepaste beleggingskeuse te maak.
Tegnies gesproke beteken spaar dat jy geld wegsit sonder die opsie dat die geld in waarde sal vermeerder. ’n Belegging beteken dat jy ’n finansiële instrument koop met die doel dat die geld wat jy daarin belê, van waarde sal vermeerder.
Lees ook: Maniere om skuldvry te word
Dit hang af van die tipe belegging wat jy maak. ’n Beleggingsbestuurder is spesifiek gemoeid met beleggingsinstrumente waar prestasie die hoofdoel is. ’n Finansiële beplanner, aan die ander kant, fokus op ’n finansiële doelwit en die formulering van ’n plan om jou te help om hierdie doelwit te bereik. ’n Beplanner stel dus ’n plan saam met jou op om jou finansiële doelwitte te bereik, maar rus jou ook toe met kennis, en gee leiding soos julle vorder. Finansiële markte kan vinnig verander en nie baie mense het die aptyt vir hierdie veranderlikheid nie. ’n Beplanner kan jou deur hierdie periodes van onsekerheid lei.
Om jouself tot die langtermyndoelwit te verbind, en verbind te bly. Dit is uiters belangrik om voortdurend jou omstandighede, beleggings, en finansiële doelwitte te hersien. As jy dit doen, sal jy verseker wees dat jou belegging vir jou unieke omstandighede gepas is.
‘n Risiko-aptyt is een van die belangrikste faktore om te bepaal watter belegging(s) jy sal maak. As jy byvoorbeeld van nature konserwatief is en die idee dat jy jou geld kan verloor jou angstig maak, is dit nie raadsaam om al jou geld in ’n enkele aandeel te belê nie. Aandele is inherent veranderlik op die korttermyn en kan aggressief in waarde swaai.
Lees ook: Takel die finansies voor julle trou
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.