kategorieë: TrendsMode

Rare Earth – ’n Reis wat deur Moeder Natuur geïnspireer is

Gaan dié somer binne met ’n klerereeks wat vir vroue deur vroue gemaak is. ’n Groep Suid-Afrikaanse vroue het saamgewerk en spesifiek ons land se natuurskoon in gedagte gehad toe hulle met die Rare Earth-reeks vorendag gekom het. Die fokus is plante en blomme, en word gekombineer met die modeneiging dat klere nuttig moet wees. Dis veral geskik vir ’n vrou wat styl, goeie smaak en ’n sin vir die praktiese het. Dié reeks is net betyds vir daardie wildritte, ontspanne vakansies, en naweekwegbreke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rare Earth meng dié seisoen unieke en plaaslik gemaakte afdrukke met volhoubare materiale en klassieke, vleiende silhoeëtte. Die hoofkleurskemas is steengrys, pienk, grysgroen, en melkkleurig, en die ontwerpe is gemaak vir die vrou wat van iets treffends óf iets meer subtiel hou. Die patrone is so eiesoortig jy sal dit nêrens anders vind nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy na ’n paar van ons Rare Earth-staatmakers vir jou klerekas op soek is, kan ons die volgende gunstelinge aanbeveel:

Die oorgroot linnehemp-en-kortbroek-stel. Dis ideaal vir enige geleentheid: Of jy nou tuis bly, jou inkopies doen of op ’n jagtog gaan.

Die vleiende, vloeiende en vrolike Mickela-hemp. Die snit sal jou vlei en die blompatroon sal kleur aan jou uitrusting gee.

Die Rare Earth Amara-rok vir vroue is ’n klassieke dog informele kledingstuk wat jy tot jou klerekas kan voeg. Dit het ’n volhoubare ontwerp en is gemaak vir iemand met ’n liefde vir die veld en buitelewe.

Kry jou nuwe Rare Earth-versameling wat gemaklik, volhoubaar en tydloos is.

Besoek capeunionmart.co.za of maak vanaf 24 Oktober 2022 ’n draai by jou naaste Cape Union-winkel.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met leefstyl-ontwerper Gera de Wet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

10 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

13 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

15 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

17 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.