kategorieë: Dynamic Content

Redakteursbrief

Mooiweer & warm

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek was weer onlangs wonderlik bevoorreg om tyd in die natuur deur te bring waar ons tussen wild kon rondluier en ons aan hulle vergaap, sommer op kort afstand rondom die voertuig. Niks laat my so ontspan soos ’n rustige wildrit waartydens ek net die natuur kan indrink en uitkyk vir besonderse diere, plante en voëls tussen bome, koppies en kranse nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Noudat die somer ons vanjaar eintlik onverhoeds oorval het en dit skielik sommer bloedig warm is, blykbaar die doen en late van daardie Spaanse kalante el Niño/la Niña, besef ek weer ons waardeer nie altyd die sonskyn wat ons Suid-Afrikaners te beurt val nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek besef as ek daar is dat Europa met sy ouer kulture ’n sekere lewenstyl verteenwoordig waarna ek hunker, en dis ’n heerlike avontuur om daar rond te reis en die geskiedenis in te adem.

Daar beleef jy ook hoedat die mense die kuns en kultuur verhef en bewaar en dit deel van hul lewe maak. Ek besef ook dan dat die moderne Europeër hom skaars kan indink hoedat ons in jonger en minder ontwikkelde lande die mas opkom. Die meeste van ons daaglikse uitdagings soos minder goeie pos- en munisipale stelsels is vir hulle heeltemal ondenkbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar as ek soos nou weer bevoorreg was om in die natuur te kom, dan besef ek weer hulle het eintlik rede om ons te beny vir die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ons Suid-Afrikaners kry mos nog sulke goue geleenthede om die natuur in al sy glorie te ervaar. Ons raak eintlik blasé oor ons sprankelende somerdae en daarmee saam die geleentheid vir ’n gesonder buitelewe-kultuur: grasperke en ruimtes waar ons kaalvoet kan baljaar, swembaddens en koeltebome, gesellige kuiers om braaivleisvure en klinkende ysblokkies in lang glase …

As ons tog net ’n goeie outydse donderbui of twee daarmee saam kan kry, met die geur van nat veld en bossies in ons neusgate, is ons beker boordensvol genade!

Geniet van die mooi en die goed …
Tot volgende maand!

Martie Pansegrouw, redakteur

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.