kategorieë: Ontspanning

Nuwe produksies by Aardklop

Onder die produksies is daar drama en komedie, ligte musiek en klassieke musiek en van die groot name in die Suid-Afrikaanse vermaakwêreld soos Sandra Prinsloo, Laurika Rauch en Rocco de Villiers maak weer almal ’n draai by Clover Aardklop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op die dramafront is Hemelruim ’n moet-sien. Mariaan en Roelof ontmoet by ’n braai. Hy is ’n sukkelende byeboer, sy is ’n lektor in kosmologie aan die Universiteit van Kaapstad. Hemelruim is ‘n verhaal oor die heelal, liefde en heuning. Die teks is deur Nick Payne en is in Afrikaans deur Nico Scheepers vertaal. Scheepers is die regisseur en die spelers is Tinarie van Wyk-Loots en Paul du Toit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aartappels en Ammo, ’n komedie, het 7de Laan se Chris Vorster as akteur, skrywer en regisseur.  ’n Desperate TV-joernalis dokumenteer ’n groep Suid-Afrikaners wat opgaar vir die Groot Ramp. Maar wat gebeur as ons held opgevreet en uitgespoeg word deur ’n wêreld waarvoor hy nie mal of mans genoeg is nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klein Jakkalsies is nog ’n nuwe komedie op die fees. ’n Paartjie (Diaan Lawrenson en Jody Abrahams) ontmoet, raak verlief en trou. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood, maar dan begin die klein jakkalsies die een na die ander by die huwelik instap… Die teks en regie is deur Leon Kruger.

Maggie is pas ontslaan uit die rehabilitasiesentrum en probeer haar voete vind. Haar ma is ’n beroemde aktrise wat oënskynlik die hoogste kruin in haar lewe bereik het, maar nie die eensaamheid óf die ouderdom kan besweer nie. Dit is die tema van Ma!, met ’n teks deur Marida Swanepoel, het Gert van Niekerk as regisseur en die twee hoofrolle word deur Annelisa Weiland en Franci Swanepoel gespeel. Die stuk ondersoek die komplekse verhouding tussen ma en dogter en sal spreek tot meeste ouers en hul kinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Totius: Die Rus is Elders word die lewe en werk van Totius gevier met vertelling en gedigte wat getoonset is. ’n Opsionele en insiggewende toer deur die huis waarin Totius gewoon het, volg ná afloop van die produksie. Met Olga Leonard, Babette Viljoen, Izelle Claassen en Louis van Niekerk as die verteller. Die teks en regie is deur Pierre-André Viviers.

Rocco de Villiers is terug by Clover Aardklop met Beautiful Beautiful Hymns. Hierdie program sluit gewyde liedere in soos “Amazing Grace”, “Jerusalem”, “Hoe Groot is U”, “Onse Vader” en “Stille Nag” in. Daar is benewens die klavier, ook ‘n orrel, strykers en ‘n doedelsak te hoor.

Die Grond van die Wind is ’n uitsonderlike produksie wat die verhaal vertel van ’n groep Afrikaner-bittereinders wat in April 1903 in Patagonië aangekom het. Dié produksie neem jou op ’n pelgrimstog van geluk en hartseer, van Suid-Afrika se konsentrasiekampe tot Argentinië se Pampas-vlaktes. Met Drikus Volschenk (sang), ’n mannekoor, CH2, Kobus van der Walt (baskitaar), Sergio Zampolli (trekklavier), Matthys Coetzee (tjello) en Awie van Wyk en Coenraad Rall op klavier. Die musiekregie is deur Awie van Wyk en die regisseur is Elize Cawood.

Laurika Rauch is by Clover Aardklop met Nie As Ek Sing Nie. Laurika was nege jaar gelede by Aardklop en vanjaar is sy by die fees met slegs twee vertonings. Nie as ek sing nie bevat outobiografiese elemente en neem jou terug na waar alles begin het, die dae van “Mpanzaville”, “Atlantis” en “Stuur vir my ‘n foto”. Met Devereaux van der Hoven-Oosthuizen (klavier) en Juan Oosthuizen (kitaar).

’n Musikale Reis deur die Eeue is ’n program vir koor en orkes met die musiek van Bach, Haydn en Mozart sowel as eietydse werk, onder meer die wêreldpremière van die Suid-Afrikaanse komponis Peter Klatzow se nuwe werk. Met die NWU se Puk-koor en –simfonieorkes.

In Tjello en Orrel span die internasionaal gerekende tjellis Anzél Gerber kragte saam met die orrelis Zorada Temmingh vir ’n program wat werk deur Vivaldi, Schumann, Fauré asook Hendrik Hofmeyr se aangrypende Crucifixus insluit. Hierdie is ’n eenmalige opvoering en feesgangers sal vinnig moet spring om kaartjies te kry.

Die Top5 sluit in:

– Die Wagkamer
– Nie as ek sing nie – Laurika Rauch
– My boetie se boetie se boetie se baba
– Son. Maan. Sterre.
– Ma! en Die Kaap is weer Holms lê hand aan hand

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.